GOD HET MY LIEF! Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en liefhet ... Moenie bang wees nie, Ek is by jou. - Jes. 43:4-5 Wat 'n héérlike gedagte! GÓD het my lief - nét soos ek is, net hier waar ek nóú is! In my lewe was ek al op baie verskillende plekke, en het ek al baie dinge ervaar. Nuwe ervarings sal my nog verder neem op my lewenspad. Maar ek stres níé daaroor óf is bang daarvoor nie, want ek wéét *dít* wat ek nou ervaar stem ooreen met die geestelike vlak waar ek is, as kind van GOD. Hóé *náder* ek aan Hom beweeg, hoe *méér* sien Hy na my om op élke gebied van my lewe. Met HÓM aan my sy is ek ÁLTYD op die régte plek, 'n plek wat ek met familie, vriende en kollegas deel, 'n plek wat bydra tot my verdere geestelike groei. Die kamer, woonstel of huis waarin ek woon, is vir my 'n áángename tuiste, omdat ek dit deel met GOD wat in die begin van my lewe, toe ek gebôre is vir my gesê het: "EK en jy!" HY kyk na my deur Sy oë van Liefde, en vou my in Sy Ewige Liefde toe. Hy fluister sag vir my dat hy tróts is op my, Sy kind, en ek kruip vertrouend onder Sy vlerke van beskerming in. Gebed: Dankie Vader God dat U my altyd lei deur u Gees na die regte plekke wat U vir my uitgekies het en my veilig hou in U arms. Amen ~ Uit Daelikse Woord ~ Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook
Titus 1:4 (NIV) - To Titus, my true son in our common faith: Grace and peace from God the Father and Christ Jesus our Savior.
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar d...
I lift up my eyes to the mountains— where does my help come from? My help comes from the Lord, the Maker of heaven and earth. He will not let your foot slip— he who watches over you will not slumbe…
Visit the post for more.