hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Reguit langbeen rye sonder opsigtelike gate aan die begin van rye. Sukkel jy om jou sye reguit te hou wanneer jy langbene in rye hekel? Is daar onooglike en opsigtelike gate aan die begin van jou rye? Indien enige van hierdie vrae jou al hoofbrekens besorg het hoef jy nie verder daarmee te sukkel nie. Kom ek wys jou my manier om die sye reguit en sonder gate hekel. Ons het geleer dat drie kettingsteke 'n langbeen vervang en moet gemaak word wanneer ons met 'n nuwe langbeen ry begin,maar wanneer jy dan draai en jou volgende steek in die tweede langbeen maak veroorsaak dit dat jou eerste en tweede langbeen nie netjies langs mekaar staan nie. Daar vorm 'n baie opsigtelike spasie wat regtig nie mooi vertoon nie. Hier is 'n toets-strook wat ek so gehekel het. Let wel dit is nie verkeerd nie en dit is hoe ons geleer is om dit te doen en meeste patrone en tutoriale sal dit ook so beskryf en illustreer. Soos ek reeds genoem het is dit korrek wanneer jy dit so doen, maar korrek beteken nie altyd dit kan nie verbeter word nie. Ek het so deur my hekeljare 'n beter manier gekry om dit te doen. Dit word nerens so aangedui nie en dit is my eie manier. Jy kan dit ook so doen of hou by die manier wat jy geleer is. Ek verkies egter my manier omdat dit nie so 'n opsigtelike spasie maak aan die begin van rondtes nie en my tegniek verleen hom daaraan toe dat my sye ook netjieser vertoon. Dit is my mening en julle mag maar verskil of dalk weet jy van 'n ander manier om dit te doen. Hoe dit ookal sy, ek wil net graag my manier met almal deel. Hier is my demonstrasie strook wat ek stap vir stap met julle sal deurgaan Begin met 13ks Ry1: 1lb in die 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van die vlg 10 oorblywende ks, draai sonder om enige kettingsteke te maak Ry2:gs in 1e lb, 2ks, 1lb in elk van vlg 9lb, Werk nou die heel laaste lb in die 2e ks en nie in die bo-punt van die 3ks nie, draai sonder om enige kettingsteke te maak Ry 3 is die laaste stap en stel die res van die steke in plek. Van hier af word al die rye op hierdie manier gedoen. Ry 3: gs in 1e lb,[soos voorheen verduidelik] 2ks, 1lb in elk van vlg 9lb, werk nou die heel laaste langbeen in die heel eerste ks van die draai-kettingsteek en nie in die bo-punt van die draai-kettingsteke nie. Wanneer ek hierdie laaste steek maak trek ek my langbeen draadjie so effens langer as normaal. Die uiteinde is 'n netjies syrand en geen opsigtelike gate nie. In die boonste foto kan die verskillende tegnieke duidelik gesien word. Die strook aan die linkerkant is volgens my eie tegniek gehekel en die strook aan die regterkant is volgens hekelboeke se aanwysings gedoen. Dit voltooi my aanwysings! Hoop dit los menige probleme op vir julle. Lekker hekel!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Stap vir stap aanwysing! Leer hoe om 'n Ouma Blokkie of Granny Square soos meer algemeen bekend staan, te hekel. Hierdie tutoriaal is spesiaal vir almal wat wil leer hekel en die Granny Square of Ouma Blokkie is ideaal vir die beginner. Volg die aanwysings en leer stap vir stap hoe om te werk te gaan. Stap 1. Hierdie heel eerste steek op jou hekelpen is 'n glipknoop en word nie getel as die eerste steek nie maar is slegs 'n beginpunt. Volg stappe 1,2 en 3 soos die instruksies op die illustrasies aan die linkerkant demonstreer. Stap 2. Die gare of wol is nou gereed op die pen en die eerste kettingsteek[ks]kan gemaak word deur die draad om die pen te slaan en deur die beginknoop te trek. Maak nou nog 4 kettingsteke.Dit gee jou 5 voltooide kettingsteke. Let op dat die hekelpen se hakie na onder wys wanneer die draad deurgetrek word. Die spanning is reg indien jy die hekelpen maklik kan deurtrek. Onthou hekel is onstpannend so moenie styf werk nie en ontspan jou hande. Sit gerieflik en geniet dit. Indien jy sukkel in die begin onthou ons het almal eens op 'n tyd ook gesukkel. Stap 3. Glipsteek [gs] in die heel eerste ks om sodoende 'n ring te vorm. Wanneer jy 'n glipsteek maak steek jy die pen in die steek, slaan die draad om die pen en trek die draad deur die steek sodat daar net een lus op jou pen oorbly. Ons wil 'n glipsteek maak in die heel eerste kettingsteek en moet die pen dus insteek reg waar ons begin het. Kyk na die fotos links om te sien presies waar hierdie glipsteek gemaak word. Dus: Steek die pen in die eerste kettingsteek, slaan die draad om pen en trek deur albei lusse op pen. Die ring is nou gereed en daar kan begin word met die heel eerste ry. Ry 1. Die eerste ry se steke word almal binne in die ring gemaak.Vroetel met jou duim en voor-vinger in die ring om seker te maak jy weet presies waar die binnekant van die ring is. Die foto aan die regterkant demonstreer hoe 'n langbeen [lb] gemaak word. Die stappe binne die ring is: Slaan die draad om pen, steek in die spasie, haak die wol en trek dit deur die ring op na bo.Daar is 3 lusse op die pen. Slaan draad weer om pen en trek deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur albei lusse. Daar is nou 1 lus op pen. Dit voltooi die eerste langbeen. Goed noudat jy weet hoe 'n langbeen gemaak word volg die instruksies. Begin met 3ks,2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks en glipsteek in die 3e ks waar jy begin het. Dit voltooi die ry. Daar is altesaam 12 bene wat getel kan word. Die eerste 3 ks dien as plaasvervanger vir die 1e lb en word altyd gemaak wanneer jy met 'n nuwe ry begin wat bestaan uit langbene. Dit lyk net soos 'n langbeen wanneer jy daarna kyk en dit is 'n manier om ook hoogte te gee vir die volgende lb wat gemaak moet word. Hierdie 3 ks word net 1 keer gemaak en altyd aan die begin van die ry. Knip die draad en werk die los drade weg deur 'n wol naald te gebruik en tussen die steke deur te weef soos op die foto aan die regterkant gewys word. Ry 2. Heg nou die wol in enige hoekspasie deur die wol om die pen te slaan en deur die spasie te trek. Maak een kettingsteek en maak 'n knoop aan die agterkant deur die kort draad te knoop met die werkende draad soos die foto links onder illustreer. Nou is jy gereed om met ry 2 te begin. Maak nog 2 ks en onthou hierdie eerste 3 ks is die plaasvervanger vir die eerste langbeen. Jy gaan nou die eerste hoekspasie werk. Maak 2lb, 2ks, 3lb in dieselfde spasie. [foto links] Maak nou 2ks en werk nou in die volgende hoekspasie weer [3lb, 2ks, 3lb] [foto links] Herhaal hierdie stappe totdat al 4 hoekspasie gewerk is. Maak weer 2ks en glipsteek in die boonste deel van die 3ks. [foto links dui aan waar die glipsteek gemaak word] Die foto links wys hoe die blokkie nou lyk nadat die glipsteek gedoen is. Sny die draad en trek deur die lus. Weef draad weg. Ry 3: Heg volgende kleur weer soos voorheen verduidelik en werk hoekspasie. Onthou 'n hoekspasie bestaan uit twee groepies wat bestaan uit [3lb,2ks,3lb], maar die heel eerste hoekspasie van enige ry bestaan altyd uit [3ks,2lb,2ks,3lb] Elke spasie tussen die hoekie bestaan uit slegs 3 lb en tussen in altyd 2ks om die groepie van 3lb te skei en 'n spasie te maak. Ry 3 lees dus as volg: Heg kleur en werk eerste hoekgroep,[2ks, 3lb in vlg sp,2ks, hoekgroep] Herhaal tot al 4 hoeke gewerk is. Eindig weer deur 'n glipsteek te maak in die boonste punt van 3ks soos vorige ry. Hierdie is die basiese patroon vir die blokkie. Jy kan dit so groot maak soos jy wil. Onthou net met elke ry gaan daar meer spasies tussen die hoeke wees. Elke spasie tussen die hoeke bestaan uit slegs 3 langbene. Na elke 3 langbene is daar altyd 2 kettingsteke om spasie te maak vir die volgende ry. Hoop die tutoriaal is duidelik genoeg sodat julle sommer dadelik kan begin met julle blokkies. Lekker hekel!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Materiaal gebruik: 2 x 100g Elle Pure Gold Dubbeldraad en 5mm hekelpen Begin met 40ks Patroon van naby gesien. [Klik om te vergroot] Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen; 1lb in elk van vlg 2 ks; * 1ks; slaan 1 ks oor; 1 lb in elk van vlg 3ks * herh tot einde van ry; draai Ry 2: 3ks, 1lb in elk van vlg 2 lb; * 1ks; 1lb in elk van vlg 3lb; * herh tot einde van ry; draai Herhaal ry 2 totdat 90 rye voltooi is of totdat serp 1,15 meter lank is. Knip draad maar los 'n gedeelte lank genoeg om die laaste en eerste ry aanmekaar vas te werk. Heg af. Ek wil ook 'n spesiale dankie sê vir Suzaan wat model gespeel het vir die foto. :) Lekker hekel almal!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Goeie middag almal, Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel. In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word. Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer. 'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv. Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van voor na agter te steek word die pen van agter na voor en weer na agter deurgesteek om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan die agterkant van die stammetjie voltooi. Dus: slaan draad om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba. Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv] Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter. Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas. Duim: Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening. Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was. Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie! Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :) Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :) Mooi bly almal en lekker hekel! ♥
Leer hoe die krokodil steek gehekel word. Die krokodilsteek is 'n pragtige steek en beslis nie 'n lammetjie nie. Dit is propvol tekstuur en wanneer dit met 'n veelkleurige draad gehekel word vertoon dit tog te pragtig. Dit beteken nou nie jy kan dit nie met 'n eenkleurige draad ook doen nie. Dit lyk net so mooi. Hierdie steek is egter 'n moeiliker steek om baas te raak en beginners mag dalk net effens sukkel maar moet asseblief nie moed opgee nie want wanneer jy hierdie steek onder die knie het gaan daar weer ander hekel moontlikhede oop. Maar kom ek wys julle hoe om die ou krokkenoster stekie te hekel. Spesiale instruksie: My eie afkorting vir die krokodil steek is kgst wat beteken krokodil groepsteek. Die kgst bestaan uit 5lb,1ks, en weer 5lb wat om die stamme van 2lb gewerk word. Die eerste 5lb word om die stam van bo na onder gewerk waarna 'n kettingsteek gemaak word en dan word die volgende 5 langbene om die stam van die volgende langbeen gewerk van onder na bo. Begin met 'n aantal kettingsteke wat deelbaar is in 6 plus 4 steke. Vir hierdie tutoriaal gebruik ons 22 kettingsteke. Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen, 1ks, * slaan 2ks oor en werk 2lb in vlg ks, 1ks, * herh van * tot * einde van ry en eindig weer met 2lb in die laaste ks, draai. [Daar is 7 groepies van 2lb elk in hierdie ry] Hierdie ry vorm die fondasie ry sodat die krokodilsteke in die volgende ry gevorm kan word om hierdie groepies. Daar word dus afgewissel deur 'n fondasie ry, 'n krokodil steek ry, daaarna weer 'n fondasie ry en dan weereens 'n krokodilsteek ry ens. Ry 2: 3ks, draai die werk sodat die fondasie ry regaf hang en die stam van die eerste langbeen horisontaal lê. Werk nou 4lb om die stam. Werk van die boonste gedeelte van langbeen na onder. Die onderste gedeelte sal wees waar jy jou beginknoop se kort draadjie kan sien. Maak dan 1ks en draai die werk terug sodat die ry weer horisontaal lê. Nou gaan ons die volgende langbene werk van onder na bo en ons gaan dit doen bo oor die langbeen wat aan die linkerkant lê. Dit is 'n ongemaklike posisie so draai die werk na links sodat die fondasie ry weer na onder hang en die langbeen waaroor gewerk gaan word horisontaal lê. Werk 5lb en 1ks. Draai die strook weer terug in posisie sodat die ry gesien kan word. Die eerste krokodilsteek kan nou duidelik gesien word. Die volgende 2lb word oorgeslaan en die volgende 5lb word nou om die stam van die volgende lb gewerk. Die hekelpen word altyd na die middel van die 2lb gesteek. Met ander woorde wanneer die regterkantste langbeen gewerk word steek van regs na links. Wanneer die linkerkantste langbeen gewerk word steek van links na regs. In die begin wanneer jy onseker is in watter rigting om te werk lê jou strook plat neer voordat die 5lb gewerk word. In die foto links kan gesien word dat die eerste 5lb nou voltooi is. Daar is van regs na links deurgesteek. Voordat die 5lb oor die linkerkantste stam van lb gewerk word moet daar altyd eers 1ks gemaak word en daarna word die steke weer van onder na bo om die stam van die lb aan die linkerkant gewerk. Merk die rigting van die hekelpen is nou van links na regs. Dit help om die fondasiery te vou en dan te laat afhang ondertoe sodat die balkie of die stam van die langbeen duidelik sigbaar is. Dit vergemaklik ook die werk van die steke. Swaai en draai dus gedurig die werk sodat die steke maklik gewerk kan word. Herhaal die stappe tot die einde van die ry. Onthou om elke keer 2lb oor te slaan voor die volgende kgst gewerk word. Werk die laaste kgst om die laaste 2lb, lê die strook plat neer om seker te maak al die skubbe is korrek gewerk en draai werk dan om. Dit is raadsaam om elke keer die werk plat neer te lê sodat presies gesien kan word hoe die steke gevorm word. Werk nou 1ks en glipsteek binne in die middelste spasie van die vorige ry se krokodil steek. Ry 3: Hierdie is weer 'n fondasie ry wat beteken ons moet nou die voorbereiding doen vir die 3e ry wat weer 'n ry met kgst/e sal wees. Om dit te doen werk ons 3ks en 1lb in dieselfde spasie waar ons 'n glipsteek gemaak het en werk dan 1ks, Daar word nou 2lb tussen die volgende 2lb gewerk maar merk dat daar 'n dubbellaag lê. Maak seker jy werk die langbene oor albei die lae sodat dit die 2 lae saambind. Werk weer 1ks, 2lb in spasie van volgende kgst, 1ks, 2lb tussen vlg 2lb, 1ks, 2lb in vlg kgst, 1ks, 2lb tussen vlg 2lb,1ks en 2lb in die laaste kgst, draai Ry 4: 1ks, werk nou die volgende 5lb om die stam van vlg lb, wanneer jy onder kom maak weer 1ks. Draai die werk sodat die ry weer plat lê om duidelikheid te kry van hoe die rigting van die steke gewerk word. Hier kan gesien word hoe die hekelpen nou weer na die teenoorgestelde kant van werk deurgesteek word om die tweede groepie langbene te voltooi. Eerste skub van ry 2 is voltooi. Werk 1ks, slaan weer die volgende 2lb oor en werk die volgende kgst dan om die volgende 2lb Voltooi die res van die kgst/e en onthou dat daar elke keer 1ks na elke 5lb gemaak word.Eindig met 1ks en 'n gs tussen die laaste 2lb, draai. Merk dat daar in die eerste ry 4kgst/e is en in die derde ry is slegs 3kgst/e. Die skubbe lê nie reg onder mekaar nie. Ry 5: Nou moet daar weer 'n fondasie gewerk word. Maak 3ks en werk dan 1lb tussen die eerste 2lb, 1ks, 2lb in die sp van kgst, 1ks, 2lb tussen vlg 2lb, 1ks, 2lb in die sp van kgst, 1ks, 2lb tussen vlg 2lb, 1ks, 2lb in die sp van vlg kgst, 1ks, en eindig die ry met 2lb tussen die laaste 2lb, draai Ry 6: 3ks, werk 'n kgst oor die heel eerste 2lb, [onthou dat hierdie ry begin met 5lb maar om te begin moet ons 3ks werk wat die eerste lb vervang. Dit beteken hierdie eerste groep word begin met 3ks en 4lb wat saam 5lb gee.] Voltooi die res van die kgst soos reeds verduidelik in ry 2 en eindig met 'n ks en glipsteek terug in die spasie van die kgst wat so pas voltooi is. Ry 7: Herhaal ry 3 [fondasie ry] Ry 8: Herhaal ry 4 [kgst ry] Ry 9: Herhaal ry 5 [fondasie ry] Ry 10: Herhaal ry 6 [kgst ry] Herhaal die boonste 4 rye vir die patroon. Effekleurig of veelkleurig, albei ewe mooi. ♥
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Die African Flower is een van die gewildste seshoek motiewe in die hekel gemeenskap. Sover my kennis strek is die ontwerpers van die patroon Lounette Fourie en Anita Rossouw. Ek het hierdie tutoriaal saamgestel vir almal wat graag wil leer hoe om hierdie pragtige blommetjie blokkie te doen. Kleur A: Begin met 6ks en gs in 1e ks om ring te vorm. Ry 1: 4ks, werk nou in ring die vlg: [2lb,1ks] herh nog 4 keer, werk dan 1lb en gs in die 3e ks. Heg af. Ry 2: Heg Kleur B in vlg 1ks sp, 3ks, werk nou in dieselfde sp 1lb,1ks,2lb; werk dan in elke oorblywende 1ks sp die vlg: [2lb,1ks,2lb] en gs in die 3e ks. Ry 3: Glipsteek oor die vlg lb tot binne in die vlg 1ks sp, 3ks, werk in dieselfde sp nog 6lb, werk nou in die vlg 1ks sp en elke oorblywende sp 7lb, gs in 3e ks, Knip draad en heg Kleur C. Ry 4: 1ks, 1kb in elk van vlg 6lb, 1lb gewerk oor die 3e ry en in die 2e ry se sp tussen 2 groepe, * 1kb in elk van vlg 7lb, 1lb in sp tussen 2 groepe; * herh van * tot * nog 4 keer, gs in 1e ks. Knip draad en heg Kleur D. Ry 5: 3ks, 1lb in elk van vlg 2kb, * werk in vlg kb [1lb,1ks,1lb]; 1lb in elk van vlg 3kb, 1lb in vlg lb [dit is die langbeen wat oor 2 vorige rye gewerk is]; 1lb in elk van vlg 3kb, * herh van * tot * nog 4 keer, werk in vlg kb [1lb,1ks,1lb]; 1lb in elk van vlg 3kb, 1lb in vlg lb, gs in 3e ks. Heg af.
Hekel na hartelus! Materiaal gebruik asook grootte van harte: Hart 1: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 12 x 12 cm Hart 2: Elle Premier Katoen 4 Draad en 3mm hekelpen; 9 x 9 cm Hart 3: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 5 x 5 cm Watteersel vir opstop van harte. Vir harte 1 en 2 volg aanwysings vir Groot Hart en vir hart 3 volg aanwysings vir Klein Hartjies. Patroon vir blommetjie nie ingesluit by hierdie patroon nie. Volg aanwyings vir Ierse Rosies patroon wat hier gekry kan word. Vir 'n drie-dimensionele hart word twee identiese dele gehekel en dan aanmekaar vasgewerk. Vul met watteersel voordat alle steke geheg word. Die harte is mooi enkel of gestop en kan versier word na keuse. Hekel 'n lang string kettingsteke en werk aan bo-punt van hart indien dit opgehang gaan word. Groot Hart Begin met 3ks, werk in die 1e ks die vlg: 1hlb, 1lb,1ks,1lb,1hlb, [Dit vorm die onderste punt van hart] Ry 1: Werk nou die vlg steke oor die reguit gedeelte soos aangedui op foto, 2ks, 1hlb, 2hlb in middelste sp [ring], 2hlb, draai Ry 2: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 3hlb, werk 2hlb in laaste steek, draai Ry 3: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 5hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 4: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 7hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 5: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 9hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 6: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 11hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 7: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 13hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 8: 2ks, 1hlb in elke hlb [17hlb]; draai Ry 9: 2ks, 17hlb, draai Ry 10: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 14hlb, slaan vlg hlb oor, hlb in laaste steek, draai Ry 11: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 6hlb, draai Werk nou slegs oor hierdie 6hlb soos volg: Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek. Heg af. Voltooi nou die gedeelte aan linkerkant van hart soos volg: Vlg ry. Heg draad in vlg steek wat aan linkerkant ongewerk is en maak 2ks, werk 5hlb, slaan vlg hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, 1ks en werk nou 'n ry kb eweredig reg rondom die hart en in die 1ks spasie in die onderpunt van hart werk 1hlb, 1lb,1hlb. Heg af. Klein Hartjies Begin met 'n garesirkel en 2ks. [Sien hier hoe die garesirkel gemaak word] Ry 1: 3dslb, 4lb,1dslb, 4lb, 3dslb, 2ks, gs in garesirkel. Trek garesirkel styf. Onseker oor wat 'n dubbelslag langbeen is [dslb] Aanwysings kan hier gevind word. Ry 2: kb in 2ks sp, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st, 1hlb in elk van vlg 4st/e, werk in vlg st die vlg: [1hlb,1lb,1hlb]; 1hlb in vlg 4 st/e, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st, 1kb in 2ks sp, 1ks, gs terug in garesirkel, gs in vlg st Ry 3: [kb in vlg st, 2kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk nou 1 kb in elk van vlg 7 st/e, 1ks, werk weer kb in elk van vlg 7 st/e; [2kb in vlg st, 1kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk dan 1kb in vlg steek, gs in vlg steek. Heg af. Vinnige en maklike hartjies. Enkel of opgestop harte is altyd handig en kan oral gebruik word. Hoop julle hekel julle harte uit! Lekker hekel almal!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Wekelijks wordt ik wel gemaild door mensen die mij vragen om aandacht te vragen voor breien-of-haken-voor-het-goede doel. Helaas kan ik aan al die verzoeken niet voldoen (ik zou een extra blog kunnen vullen) maar voor deze maak ik een uitzondering! Petra Lous uit Westkapelle verzorgt al 20 jaar transporten naar Polen waar ze o.a. voor 2 tehuizen voor bejaarden en gehandicapten allerlei broodnodige hulpgoederen brengt. Maar ook lapjesdekens gaan in de transporten mee, de vrolijke dekens worden erg gewaardeerd. Wie graag meehelpt met restjes e.d. wordt gevraagd om allerlei lapjes te breien of haken (formaat maakt niet uit als het maar vierkant is!) die later weer in elkaar worden gezet tot lapjesdekens. (Uiteraard mag een hele deken ook!!) Corrie Birza zet zich voor dit project in en maakt de lapjes tot vrolijke dekens, en als je mee wilt doen of meer informatie wilt kun je met haar contact opnemen, klik hier.
In hierdie tutoriaal wys ek hoe om die soliede vierkant te hekel. Die soliede vierkant is die ideale blokkie om te gebruik vir die Babette kombers. Daar is natuurlik ook ander alternatiewe soos om gewone "Granny Squares" te gebruik in verskillende groottes. Albei vertoon mooi maar indien jy op soek is na 'n soliede vierkant dan is hierdie die perfekte blokkie om te gebruik. Begin met 5ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 1ks, kb in 1e lb. Die rede hoekom ek net met 2 ks begin is omdat ek die ry sluit met 'n kortbeen in die 1e lb en die ks word glad nie in berekening gebring nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak vertoon die blokkie perfek op alle hoeke. Die kortbeen skuif die spasie na regs sodat ek presies in die middel van my spasie kan begin werk. Sou daar begin word met 3ks veroorsaak dit dat dit effens skeef druk en maklik sigbaar is. Deur net 2ks te werk smelt dit ast' ware weg in die werk en vertoon na my mening netjieser. Ry 2: Maak 2ks en werk nou 'n lb in die sp wat reg onder die kb is, In die foto links dui die pennetjie aan waar die volgende langbeen gewerk moet word. Goed kom ons hekel verder. 1lb in elk van vlg 3lb, werk in die hoeksp 2lb,2ks,2lb, werk dan 1lb in elk van vlg 3lb, werk weer 'n hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in die laaste hoek, 2ks en gs in die 1e lb. Hoekom werk ek nou 'n gs in plaas van 'n kb soos voorheen? Ek doen dit slegs wanneer ek in die vlg ry van kleur gaan verander. Gebruik die kb tegniek wanneer jy met dieselfde kleur in die vlg ry gaan werk maar die gs tegniek wanneer jy kleur gaan verander. Jy kan natuurlik die kb tegniek deurgaans gebruik maar dit maak nie werklik 'n verskil nie. Ek gebruik gewoonlik die kb tegniek of ek nou kleur verander of nie maar ek wys albei sodat julle 'n keuse het wanneer kleure verander word. Hoekom maak dit nie 'n groot verskil wanneer ek kleure verander nie? Omdat ek dadelik my nuwe kleur in die middel van die 3ks sp kan heg. Die blokkies kan nou in enige grootte gewerk word en sal perfek vierkantig wees. Klik om te vergroot. Links is 'n foto wat aandui hoe die langbene vermeerder met elke ry tussen die hoek spasies. Hoop julle vind hierdie tutoriaal nuttig en kan gebruik maak van die tegniek wat hier gewys is. Indien jy jou blokkies op 'n ander manier doen wil ek net daarop wys dat elkeen sy eie tegniek geleer is en die een is nie noodwendig beter as 'n ander nie. Hierdie is die manier wat ek gevind het die beste eindresultaat lewer en ek verkies om dit so te doen. En ek wil dit graag met julle deel. Lekker hekel almal! ♥
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Spongebob Amigurumi crochet step-by-step pattern will guide you in making the best cuddling toy for your kids.
Hierdie metode is veral geskik vir blokkies wat in die laaste ry bestaan uit 'n ry kortbene, halwe langbene of langbene of enige blokkies wat in die laaste ry geen spasies bevat nie. Glipsteek Metode: So maak jy: Korreksie: Blokkies word met verkeerde kante na buite geplaas. Die glipsteek word aan die ver- keerde kant van werk gedoen dus moet die regte kante na mekaar toe wys. Aan die voorkant lê al die voorste lusse teen mekaar. Die res van die blokke word presies op dieselfde manier aanmekaar gehekel soos met die vorige tutoriaal waar gewys is hoe om vas te hekel met kortbene. Die enigste verskil is dat daar aan die agterkant van die blokke gewerk word en 'n glipsteek word gebruik in plaas van 'n kortbeen. Daar word met die glipsteek metode ook slegs in die buite lusse van steke gewerk en nie deur albei nie. Wanneer daar oorbeweeg word na die volgende twee blokke wat vasgehekel word kyk hoe dit in die kortbeen metode verduidelik is deur dadelik oor te beweeg na die volgende twee blokke ens. Lekker hekel!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Die stroke met verskillende steekpatrone maak hierdie kanttoppie interessant Deur KAREN ADENDORFF Foto ELMARIE KNAPTON…
Wat jy alles gaan leer in hierdie tutoriaal! Hoe om hekelwerk te begin sonder 'n lang kettingsteek ry. Begin dadelik met 'n ry kortbene! Hoe om die Ouma Blokkie patroon te hekel in lang rye in plaas van 'n vierkantige blokkie. Die patroon word gewerk oor 'n veelvoud van 3 steke plus 1 ekstra steek. Bo en onderste rye vertoon dieselfde Vir hierdie tutoriaal gaan ons begin werk met 'n 25kb beginstrook-ry en ons gaan dit doen sonder om eers 'n lang kettingsteek strook te hekel. Deur dadelik met 'n ry kortbene te begin gee dit die begin van jou werk meer elastisiteit en die bo en onderkant van jou werk vertoon presies dieselfde en voorkom ook terselftertyd dat werk skeeftrek. Hierdie tegniek is ook uitstekend om te gebruik as 'n basisry met die maak van kledingstukke. Instruksies vir die 25kb beginstrook is dan soos volg: Begin soos normaal deur 'n glipknoop te maak op hekelpen. Maak 1ks, steek hekelpen deur 1e ks en trek draad deur, [2 lusse op pen] slaan draad om pen en trek deur slegs die 1e lus op pen. Die foto regs wys hoe die steek vertoon. Daar is nog steeds 2 lusse op die pen. Slaan die draad weer om pen en trek nou deur albei lusse. Dit voltooi die eerste kortbeen soos gesien kan word in die foto aan regterkant. In die volgende stap is dit baie belangrik om die hekelpen deur die korrekte lusse te steek. Let mooi op deur die foto te bestudeer. Die pyltjie wat van die hekelpen na die spasie wys is die plek waar die hekelpen deurgesteek moet word. Tilt jou werk en kyk na die onderkant, Jy sal merk daar is twee lussies wat vorm aan die onderkant. Die swart kolletjie op die voorste lus kan duidelik gesien word op die foto. Daar is nog 'n lus wat net agter hierdie voorste lus gesien kan word en word met die kort pyltjie aangedui. Steek die hekelpen in die spasie sodat die 2 lusse knus om die hekelpen gesien kan word. Slaan draad om pen en trek deur. Slaan draad om pen en trek deur die eerste lus. Slaan draad om pen en trek deur albei lusse. Dit voltooi die 2e kb. Steek pen deur 2 lusse soos reeds bespreek, slaan draad om en trek deur, Slaan draad om en werk deur 1 lus. Slaan draad om en werk deur 2 lusse. Dit voltooi die 3e kb. Herhaal hierdie stappe totdat jy die verlangde aantal kortbene gewerk het. Op die foto regs kan gesien word hoe die twee lusse aan die onderkant 'n netjiese rand vorm. Indien jy sukkel met hierdie eerste kortbeen ry, begin met 26ks, kb in 2e ks vanaf pen, werk nou nog 24 kb, 3ks en draai. Volg dan die patroon vanaf ry 2. Basisry is dan soos volg: Ry 1: Werk 'n 24kb beginstrook, 3ks draai Ry 2: 1lb in 1e kb, slaan 2kb oor, werk 'n 3langbeen groep in vlg kb,[langbeengroep beteken 3lb in dieselfde st[afkorting=3lbgr]; * slaan vlg 2kb oor, 3lbgr in vlg kb,* herh vanaf * tot * tot 7 groepe voltooi is, slaan vlg 2kb oor en werk dan 2lb in laaste st, 3ks draai Ry 3: 3lbgr in vlg spasie, [spasie tussen die 1e 2lb en 3lbgr]; werk nog 7 groepe in elke sp, [8gr in ry]; 1lb in bo-punt van 3ks, 3ks, draai Ry 4: 1lb in vlg spasie, werk weer 7 3lbgr, 2lb in 3ks sp aan einde van ry, 3ks, draai Indien jy wil kleure verander: Werk ry 4 tot by die laaste 2lb en voltooi die 1e lb, werk dan die 2e lb tot 2 lusse oor is op pen en trek dan die nuwe kleur deur, knoop die twee kleure dan aan die agterkant en maak dan 3ks en draai. Die los drade kan later met 'n wolnaald weggewerk word. Herhaal rye 3 en 4 deurgaans en verander kleure volgens keuse. Hierdie is 'n baie lekker patroon wat maklik is en ideaal vir 'n lekker knus oor die skoot-kombers. Lekker hekel almal!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Blou mussie gehekel met Vinnis Nikkim katoen Grys mussie gehekel met Elle Pure Gold DK Gekleurde mussie gehekel met Elle Family Knit DK Materiaal gebruik: 1 x 100g Pure Gold Dubbeldraad in kleur Silver en 4mm hekelpen Grootte: Gemiddelde grootte vir volwassene Begin met 4ks en gs om ring te vorm Ry 1: 3ks, werk in ring die vlg * 1hlb, 1ks *; herh vanaf * tot * nog 8 keer; gs terug in 3ks sp Ry 2: 4ks, 1hlb in vlg 1ks sp; * 2ks, 1hlb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * nog 7 keer; 2ks en gs in 3ks sp [daar is 10 spasies] Ry 3: 3ks, 2lb in dieselfde sp, * 1ks, 3lb in vlg sp * herh vanaf * tot * tot einde van rondte en werk 3lb in die laaste sp, 1ks, gs in boonste punt van 3ks Ry 4: 2ks, 1hlb in elk van vlg 2lb; * 1hlb in vlg 1ks sp, 1hlb in elk van vlg 3lb * herh vanaf * tot * en wanneer jy by die laaste sp kom werk 1hlb in die 1ks sp, gs in die 2e ks Ry 5: 4ks, * 1lb tussen vlg 2hlb, 1ks * herh vanaf * tot * vir die res van die rondte en gs in die 4ks sp [Daar is 40 spasies] Ry 6: 3ks; * werk in die vlg sp soos volg: [1lb, 1ks, 1lb]; 1lb in vlg sp; * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig die ry met [1lb, 1ks, 1lb] in die laaste sp; gs in die 3ks sp Ry 7: gs in die vlg 1ks sp; 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor; 1lb in vlg lb, slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb]; herh vanaf * tot * en eindig die ry met 1lb in bo-punt van 3ks; gs in die 4ks sp Ry 8: 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor, 1lb in die vlg lb; slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb] * herh vanaf * tot * tot einde van ry en eindig met 1lb in die laaste lb, gs in die 4ks sp Ry 9 - 20: Herhaal ry 8 Ry 21: 1ks, kb in dieselfde sp; * 1ks, 1kb tussen vlg 2 lb, 1ks, 1kb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig met gs in die 1e ks. Heg af Weef alle los drade weg. Daar is ook 'n tutoriaal vir die blommetjie wat hier gekry kan word. En op 'n bitter koue en sopnat dag hier in die Kaap groet ek tot volgende keer Warm bly en lekker hekel!