hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Free crochet pattern for slippers socks booties by pattern-paradise.com #crochet #patternparadisecrochet #slippers #socks #booties
Baby Kimono Slipper Booties Crochet Patterns + Video: Crochet Baby Kimono Slipper Booties Pattern: Crochet Kimono Shoes for babies and adults with one free pattern available
Stap vir stap aanwysing! Leer hoe om 'n Ouma Blokkie of Granny Square soos meer algemeen bekend staan, te hekel. Hierdie tutoriaal is spesiaal vir almal wat wil leer hekel en die Granny Square of Ouma Blokkie is ideaal vir die beginner. Volg die aanwysings en leer stap vir stap hoe om te werk te gaan. Stap 1. Hierdie heel eerste steek op jou hekelpen is 'n glipknoop en word nie getel as die eerste steek nie maar is slegs 'n beginpunt. Volg stappe 1,2 en 3 soos die instruksies op die illustrasies aan die linkerkant demonstreer. Stap 2. Die gare of wol is nou gereed op die pen en die eerste kettingsteek[ks]kan gemaak word deur die draad om die pen te slaan en deur die beginknoop te trek. Maak nou nog 4 kettingsteke.Dit gee jou 5 voltooide kettingsteke. Let op dat die hekelpen se hakie na onder wys wanneer die draad deurgetrek word. Die spanning is reg indien jy die hekelpen maklik kan deurtrek. Onthou hekel is onstpannend so moenie styf werk nie en ontspan jou hande. Sit gerieflik en geniet dit. Indien jy sukkel in die begin onthou ons het almal eens op 'n tyd ook gesukkel. Stap 3. Glipsteek [gs] in die heel eerste ks om sodoende 'n ring te vorm. Wanneer jy 'n glipsteek maak steek jy die pen in die steek, slaan die draad om die pen en trek die draad deur die steek sodat daar net een lus op jou pen oorbly. Ons wil 'n glipsteek maak in die heel eerste kettingsteek en moet die pen dus insteek reg waar ons begin het. Kyk na die fotos links om te sien presies waar hierdie glipsteek gemaak word. Dus: Steek die pen in die eerste kettingsteek, slaan die draad om pen en trek deur albei lusse op pen. Die ring is nou gereed en daar kan begin word met die heel eerste ry. Ry 1. Die eerste ry se steke word almal binne in die ring gemaak.Vroetel met jou duim en voor-vinger in die ring om seker te maak jy weet presies waar die binnekant van die ring is. Die foto aan die regterkant demonstreer hoe 'n langbeen [lb] gemaak word. Die stappe binne die ring is: Slaan die draad om pen, steek in die spasie, haak die wol en trek dit deur die ring op na bo.Daar is 3 lusse op die pen. Slaan draad weer om pen en trek deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur albei lusse. Daar is nou 1 lus op pen. Dit voltooi die eerste langbeen. Goed noudat jy weet hoe 'n langbeen gemaak word volg die instruksies. Begin met 3ks,2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks en glipsteek in die 3e ks waar jy begin het. Dit voltooi die ry. Daar is altesaam 12 bene wat getel kan word. Die eerste 3 ks dien as plaasvervanger vir die 1e lb en word altyd gemaak wanneer jy met 'n nuwe ry begin wat bestaan uit langbene. Dit lyk net soos 'n langbeen wanneer jy daarna kyk en dit is 'n manier om ook hoogte te gee vir die volgende lb wat gemaak moet word. Hierdie 3 ks word net 1 keer gemaak en altyd aan die begin van die ry. Knip die draad en werk die los drade weg deur 'n wol naald te gebruik en tussen die steke deur te weef soos op die foto aan die regterkant gewys word. Ry 2. Heg nou die wol in enige hoekspasie deur die wol om die pen te slaan en deur die spasie te trek. Maak een kettingsteek en maak 'n knoop aan die agterkant deur die kort draad te knoop met die werkende draad soos die foto links onder illustreer. Nou is jy gereed om met ry 2 te begin. Maak nog 2 ks en onthou hierdie eerste 3 ks is die plaasvervanger vir die eerste langbeen. Jy gaan nou die eerste hoekspasie werk. Maak 2lb, 2ks, 3lb in dieselfde spasie. [foto links] Maak nou 2ks en werk nou in die volgende hoekspasie weer [3lb, 2ks, 3lb] [foto links] Herhaal hierdie stappe totdat al 4 hoekspasie gewerk is. Maak weer 2ks en glipsteek in die boonste deel van die 3ks. [foto links dui aan waar die glipsteek gemaak word] Die foto links wys hoe die blokkie nou lyk nadat die glipsteek gedoen is. Sny die draad en trek deur die lus. Weef draad weg. Ry 3: Heg volgende kleur weer soos voorheen verduidelik en werk hoekspasie. Onthou 'n hoekspasie bestaan uit twee groepies wat bestaan uit [3lb,2ks,3lb], maar die heel eerste hoekspasie van enige ry bestaan altyd uit [3ks,2lb,2ks,3lb] Elke spasie tussen die hoekie bestaan uit slegs 3 lb en tussen in altyd 2ks om die groepie van 3lb te skei en 'n spasie te maak. Ry 3 lees dus as volg: Heg kleur en werk eerste hoekgroep,[2ks, 3lb in vlg sp,2ks, hoekgroep] Herhaal tot al 4 hoeke gewerk is. Eindig weer deur 'n glipsteek te maak in die boonste punt van 3ks soos vorige ry. Hierdie is die basiese patroon vir die blokkie. Jy kan dit so groot maak soos jy wil. Onthou net met elke ry gaan daar meer spasies tussen die hoeke wees. Elke spasie tussen die hoeke bestaan uit slegs 3 langbene. Na elke 3 langbene is daar altyd 2 kettingsteke om spasie te maak vir die volgende ry. Hoop die tutoriaal is duidelik genoeg sodat julle sommer dadelik kan begin met julle blokkies. Lekker hekel!
Leer Hekel Die Beginknoop Kettingsteek [Afkorting = ks] Dus 'n kettingsteek is: slaan draad om pen en trek deur lus = 1ks voltooi. Slaan draad om pen en trek deur lus = 1ks voltooi [altesaam 2ks voltooi] Dit is hoe die kettingsteek dan gemaak word. Hierdie is 'n kettingsteek strook. Verwys hierna wanneer steke gewerk word. Die kortbeen is die kortste steek en die eerste steek word dus in die 2e kettingsteek vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 8. Die halwe langbeen is effens langer en word in die 3e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 7. Die langbeen is nog langer en word in die 4e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 6. Kortbeen [Afkorting = kb] Halwe Langbeen [Afkorting = hlb] Vir diegene wat swaar lees bo-oor die foto bo lees asseblief hier: Halwe langbeen stap 1: Slaan draad om pen en steek hekelpen in die derde kettingsteek vanaf pen. Wanneer jy in 'n hekelpatroon 'n halwe langbeen moet maak sal jy die hekelpen in die verlangde steek soos aangedui in patroon is steek maar omdat jy nou met 'n kettingsteek strook werk word dit in die derde kettingsteek gedoen in die begin. Slaan draad weer oor pen en trek draad deur steek. [3 lusse op pen] Slaan draad weer om pen en trek deur al 3 lusse. [1lus bly oor] Dit voltooi die halwe langbeen. Langbeen [Afkorting = lb] Dubbelslag langbeen [Afkorting = dslb] Haak draad en trek deur kettingsteek. [4 lusse op pen] 'n Dubbelslag langbeen is langer as 'n langbeen Drieslag langbeen [Afkorting = Drieslaglb] Die drieslag langbeen word presies soos die dubbelslag langbeen gemaak met slegs een verskil. Die draad word 3 keer om die pen geslaan voordat daar in die steek gewerk word. Lusse word altyd twee-twee afgewerk. Opsomming van die steke wat in die boonste afdeling behandel is. In die foto onder kan gesien word hoe die verskillende steke vertoon. Merk dat die kortbeen die kortste steek is en die drieslag die langste. Aan die regterkant van elke ry op die foto is die aantal kettingsteke wat as plaasvervanger gebruik word aan die begin van elke nuwe ry vir daardie spesifieke steek. Waar presies word hekelpen deurgesteek? Lees meer hier. Hoe word 2 langbene saam afgewerk of ook genoem saam afgeheg? In die foto links is daar begin met 'n kettingsteek ring. Nadat die ring geheg is is daar 3 kettingsteke gewerk en daarna 1 langbeen met 2 kettingsteke na die langbeen. Nou gaan daar begin word om 2 langbene saam af te werk. Gaan soos volg te werk. Slaan draad om pen,steek pen van voor deur ring, slaan draad om pen en trek draad deur ring. [3 lusse op pen] Slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is 2 lusse oor op pen] Slaan draad weer om pen en steek pen deur ring, haak die draad en trek deur ring [daar is nou 4 lusse op pen]; slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is nou 3 lusse oor op pen] Slaan draad nou om pen en trek deur al 3 die oorblywende lusse. Dit voltooi 2 saamafgehegte langbene. Die Pofsteek Krokodilsteek Springmielie Steek Die gehekelde Mossteek Die 'V' Steek Die Krapsteek "Broomstick" Steek Spykersteek Meer steke asook verskillende steek kombinasies sal mettertyd opgelaai word en sal op Facebook aangekondig word. Lekker hekel!
In hierdie tutoriaal wys ek hoe om die soliede vierkant te hekel. Die soliede vierkant is die ideale blokkie om te gebruik vir die Babette kombers. Daar is natuurlik ook ander alternatiewe soos om gewone "Granny Squares" te gebruik in verskillende groottes. Albei vertoon mooi maar indien jy op soek is na 'n soliede vierkant dan is hierdie die perfekte blokkie om te gebruik. Begin met 5ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 1ks, kb in 1e lb. Die rede hoekom ek net met 2 ks begin is omdat ek die ry sluit met 'n kortbeen in die 1e lb en die ks word glad nie in berekening gebring nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak vertoon die blokkie perfek op alle hoeke. Die kortbeen skuif die spasie na regs sodat ek presies in die middel van my spasie kan begin werk. Sou daar begin word met 3ks veroorsaak dit dat dit effens skeef druk en maklik sigbaar is. Deur net 2ks te werk smelt dit ast' ware weg in die werk en vertoon na my mening netjieser. Ry 2: Maak 2ks en werk nou 'n lb in die sp wat reg onder die kb is, In die foto links dui die pennetjie aan waar die volgende langbeen gewerk moet word. Goed kom ons hekel verder. 1lb in elk van vlg 3lb, werk in die hoeksp 2lb,2ks,2lb, werk dan 1lb in elk van vlg 3lb, werk weer 'n hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in die laaste hoek, 2ks en gs in die 1e lb. Hoekom werk ek nou 'n gs in plaas van 'n kb soos voorheen? Ek doen dit slegs wanneer ek in die vlg ry van kleur gaan verander. Gebruik die kb tegniek wanneer jy met dieselfde kleur in die vlg ry gaan werk maar die gs tegniek wanneer jy kleur gaan verander. Jy kan natuurlik die kb tegniek deurgaans gebruik maar dit maak nie werklik 'n verskil nie. Ek gebruik gewoonlik die kb tegniek of ek nou kleur verander of nie maar ek wys albei sodat julle 'n keuse het wanneer kleure verander word. Hoekom maak dit nie 'n groot verskil wanneer ek kleure verander nie? Omdat ek dadelik my nuwe kleur in die middel van die 3ks sp kan heg. Die blokkies kan nou in enige grootte gewerk word en sal perfek vierkantig wees. Klik om te vergroot. Links is 'n foto wat aandui hoe die langbene vermeerder met elke ry tussen die hoek spasies. Hoop julle vind hierdie tutoriaal nuttig en kan gebruik maak van die tegniek wat hier gewys is. Indien jy jou blokkies op 'n ander manier doen wil ek net daarop wys dat elkeen sy eie tegniek geleer is en die een is nie noodwendig beter as 'n ander nie. Hierdie is die manier wat ek gevind het die beste eindresultaat lewer en ek verkies om dit so te doen. En ek wil dit graag met julle deel. Lekker hekel almal! ♥
Y'all can find thousands of free crochet patterns with just a couple clicks with this awesome resource! @CreamOfTheCropCrochet

Victorian Lattice Square is a project beloved by crocheters. It's easy to make, even for beginners, and looks really lovely.
Goeie middag almal, Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel. In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word. Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer. 'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv. Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van voor na agter te steek word die pen van agter na voor en weer na agter deurgesteek om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan die agterkant van die stammetjie voltooi. Dus: slaan draad om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba. Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv] Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter. Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas. Duim: Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening. Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was. Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie! Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :) Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :) Mooi bly almal en lekker hekel! ♥
Begin in een hoek en eindig weer met 'n hoek! Hierdie patroon is 'n wonderlike patroon om te gebruik vir komberse, blokkies en sjaals. Dit hekel verbasend vinnig en is boonop baie makliker as wat dit voorkom. Dit word vanaf die een hoek na die ander hoek gehekel in rye. Vir hierdie tutoriaal maak ek 'n vierkantige blokkie om te wys hoe die patroon werk en ek is seker sodra jy jou blokkie voltooi het sal jy verstaan hoe dit vergroot kan word na enige grootte. Jy kan 'n vierkant doen, 'n reghoek of 'n driehoek en alles sal duideliker word soos jy hekel. Een ding is verseker en dit is dat hierdie patroon beslis 'n wenner sal wees vir daardie lekker hekel aande wanneer jy nie wil konsentreer met 'n ingewikkelde patroon nie. Dit is 'n patroon vir sommer net lekker kuier, klets en hekel! Materiaal gebruik: Pure Gold Chunky 5mm Hekelpen Ry 1: Begin met 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, werk nou 1 lb in elk van vlg 2 oorblywende ks, draai [daar is 1 blokkie in hierdie ry] Ry 2: 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2 ks, vou nou die blokkie op sodat dit langs die eerste ry se blokkie lê en werk 'n gs in die ks sp soos aangedui op foto, werk 3ks en 3lb in dieselfde sp, draai In die foto links kan drie blokkies gesien word. Onder links lê die eerste blokkie wat gewerk is in die eerste ry. Die tweede ry se blokkies lê afsonderlik een aan die regterkant van eerste blokkie en een aan bokant. Ry 3: 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2ks, gs in vlg ks sp, 3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp, werk nou 3ks, en werk dan 3 lb in dieselfde sp, draai [daar is 3 blokkies in hierdie ry] Deur na die foto links te kyk kan jy sien hoe die rye in die skuinste lê. Die begin is die heel onderste punt en met elke nuwe ry is daar een ekstra blokkie. Goed kom ons begin met ry 4. Ry 4: 6ks, 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in elk van vlg 2ks, gs in vlg ks sp, 3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp, 3ks en 3lb in dieselfde sp, gs in vlg ks sp, 3ks en 3lb in dieselfde sp, draai [daar is 4 blokkies in hierdie ry] Hierdie stappe word eenvoudig herhaal. Daar sal met elke nuwe ry 1 ekstra blokkie wees. Hekel totdat die verlangde lengte bereik is en dan begin ons verminder. Ek het 6 rye gehekel en toe begin verminder. Wanneer jy met 'n nuwe kleur wil begin doen dit aan die einde van 'n ry. Wanneer jy by die heel laaste langbeen van 'n ry kom werk die langbeen tot 2 lusse op pen is en trek dan die nuwe kleur deur die 2 lusse. Die nuwe kleur is geheg en daar kan nou voortgegaan word om die ry te voltooi. Indien jy 'n sjaal wil hekel dan sal dit nie nodig wees om te verminder nie. Dit beteken jy gaan slegs die stappe soos bo volg totdat dit die verlangde grootte is. Indien jy 'n vierkant wil hekel gaan jy aan albei kante tegelykertyd begin verminder. Dit beteken jy gaan dan glad nie meer 'n ry begin met 6 ks nie maar elke keer terug glipsteek tot by die volgende kettingsteek spasie. Indien jy 'n reghoek wil hekel vir byvoorbeeld 'n kombers gaan jy slegs aan die een kant, die breedte van kombers begin verminder maar nog steeds aan die ander kant vermeerder tot die verlangde lengte bereik is en dan kan daar aan albei kante verminder word. Die stappe om te verminder is dan soos volg: Vermindering van rye: Gs terug tot in die vlg ks sp, * werk in dieselfde sp 3ks en 3lb, gs in vlg ks sp en herhaal van * tot in die heel laaste ks sp, draai. Deur elke keer terug te glipsteek stop die vermeerdering. Dit word herhaal vir elke verminderings ry totdat daar weer net een blokkie is in die ry. Heg af. Opsomming van patroon: Die kombers word groter deur altyd 6ks te maak aan die begin van 'n nuwe ry. Elke 6ks wat gemaak word beteken daar word met elke ry een ekstra blokkie bygevoeg. Sodra die verlangde breedte of lengte van projek bereik word moet daar nie meer 6ks gemaak word aan die begin van 'n nuwe ry nie. Dan begin elke ry deur terug te glipsteek tot in die volgende kettingsteek spasie, met ander woorde deur te glipsteek tot by die volgende blokkie. Dan word 3 kettingsteke en 3 langbene in daardie selfde kettingsteek spasie gemaak om die eerste blokkie van 'n ry te voltooi. Foto aan linkerkant: Blokkie gehekel in veelkleurige draad. Foto aan linkerkant: My eerste groot blok voltooi. Ek het besluit om my kombers te hekel in blokke. Ek weet nog nie presies hoe ek dit aanmekaar gaan sit nie en speel nog met 'n paar idees. Hierdie blok is lekker groot 45x45cm en dit is regtig verbasend hoe vinnig hierdie patroon hekel. Lekker hekel almal! Hekel groete Klik hier vir die aflaai van hierdie tutoriaal.
Save your table and learn how to crochet a chain loop stitch – an excellent choice for a crochet trivet or pot holder.
Crochet kitchen towel patterns make great washcloths for the kitchen. They are soft, absorbent, and have a nice weight to them.
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Embrace spring with this mini-collection of amazing crochet sweaters. These designs are comfy and breathable, perfect for the crazy weather!
Blou mussie gehekel met Vinnis Nikkim katoen Grys mussie gehekel met Elle Pure Gold DK Gekleurde mussie gehekel met Elle Family Knit DK Materiaal gebruik: 1 x 100g Pure Gold Dubbeldraad in kleur Silver en 4mm hekelpen Grootte: Gemiddelde grootte vir volwassene Begin met 4ks en gs om ring te vorm Ry 1: 3ks, werk in ring die vlg * 1hlb, 1ks *; herh vanaf * tot * nog 8 keer; gs terug in 3ks sp Ry 2: 4ks, 1hlb in vlg 1ks sp; * 2ks, 1hlb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * nog 7 keer; 2ks en gs in 3ks sp [daar is 10 spasies] Ry 3: 3ks, 2lb in dieselfde sp, * 1ks, 3lb in vlg sp * herh vanaf * tot * tot einde van rondte en werk 3lb in die laaste sp, 1ks, gs in boonste punt van 3ks Ry 4: 2ks, 1hlb in elk van vlg 2lb; * 1hlb in vlg 1ks sp, 1hlb in elk van vlg 3lb * herh vanaf * tot * en wanneer jy by die laaste sp kom werk 1hlb in die 1ks sp, gs in die 2e ks Ry 5: 4ks, * 1lb tussen vlg 2hlb, 1ks * herh vanaf * tot * vir die res van die rondte en gs in die 4ks sp [Daar is 40 spasies] Ry 6: 3ks; * werk in die vlg sp soos volg: [1lb, 1ks, 1lb]; 1lb in vlg sp; * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig die ry met [1lb, 1ks, 1lb] in die laaste sp; gs in die 3ks sp Ry 7: gs in die vlg 1ks sp; 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor; 1lb in vlg lb, slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb]; herh vanaf * tot * en eindig die ry met 1lb in bo-punt van 3ks; gs in die 4ks sp Ry 8: 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor, 1lb in die vlg lb; slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb] * herh vanaf * tot * tot einde van ry en eindig met 1lb in die laaste lb, gs in die 4ks sp Ry 9 - 20: Herhaal ry 8 Ry 21: 1ks, kb in dieselfde sp; * 1ks, 1kb tussen vlg 2 lb, 1ks, 1kb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig met gs in die 1e ks. Heg af Weef alle los drade weg. Daar is ook 'n tutoriaal vir die blommetjie wat hier gekry kan word. En op 'n bitter koue en sopnat dag hier in die Kaap groet ek tot volgende keer Warm bly en lekker hekel!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Hello there, lovely folks! How are you doing these pandemic days?Hope you all healthy and good! Are you in the mood for a house makeover on pandemic days?We certainly hope so! I am pretty sure that, it will clean your mind!Your walls, tables, and shelves surely need new handmade decorations.Have we guessed? No? Yes? It is evidently the case in our houses. With this in mind, we have been searching for free crochet patterns for Magical Mandalas.Now we can safely say that our mission has been a complete success! Will you agree with this bold statement? Let’s see! Stay healthy!
This tutorial will walk you through the beautiful embossed crochet 3D stitch. This embossed stitch is perfect for a classic blanket.
Looking for a cute baby gift? Any of these Baby Lovey Crochet Patterns would make an adorable addition to a baby gift. A security blanket will be a perfect gift for a new baby.
Cardigans with free crochet patterns are here, spring lovers! Winter is almost over and the days are slowly getting warmer and sunnier.
Every baby has got little, delicate feet, that requires special treatment - crocheting some soft and adorable crochet baby booties!
Make a Crochet Lovey Blanket for a little someone to hold and cuddle! Fun and fast project is sure to be your favorite go-to baby crochet pattern!
Learn how to create an adorable strawberry headband for your little one with this easy-to-follow video tutorial. Perfect for beginners!.
Ek ervaar dat mense probleme ondervind om die patrone reg te verstaan of dat hulle sukkel om patrone te lees. Dit lyk amper of dié ‘n werkswinkel kan word! Ek het dit daarom goedgedink om die…
Free crochet amigurumi patterns... Great ideas about amigurumi chick, step-by-step crochet tutorial are here. You will have no trouble crocheting the free amigurumi patterns on our blog and you will have a great time.
Create your own All Shawl using virtually any yarn, any gauge. I have shared a lot of crochet fashion projects with free patterns, you can check out the crochet rainbow cowls, crochet cardigan sweaters, knit cowl vest, knit scarf which are all best crochet crafts to do for the coming cold days. This quick to crochet shawl has a rounded […]
Have you ever tried mosaic crochet? Lately, I’ve been wanting to do mosaic crochet in almost every one of my new designs! It's such an amazing technique to create texture and add colorwork to your patterns. Want to save this post for later? Save it to your favorite Pinterest board! If you’ve wanted to try
Amigurumi free patterns... You can find interesting ideas, tutorials and crochet tutorials about amigurumi dog here. Lots of amigurumi free crochet patterns are waiting for you.
The Clarissa Tee is a FREE crochet pattern by Evelyn And Peter! It includes sizes XS-5X and is beginner friendly! Cute off the shoulder tee!
Discover the best crochet Easter cross patterns for beginner to advanced crocheters curated by Crafting Happiness.
Knobbly baby cardi - An ideal garment to slip on over a top, dress or boys shirt. The pattern for this design is in a raised textured stitch comprising of just two rows. A soft cuddly cardigan which will give baby that extra bit of warmth when required or just to make them look smart.
Everyone wants to feel comfortable at home. If you want to make your everyday life more beautiful and cozy for you and for your family and you love crochet, this post will be perfect for you. We have Video tutorial and of course free where you ca learn everything step by step to crochet pretty […]
Hey everyone! Today I’m reviewing Moogly’s Saturday Sweater Pattern. I recently found this pattern while…
Choosing the best yarn for amigurumi weighs quality and quantity depending on it's use. This post helps you make that decision.
Free crochet sundae baby blanket pattern, sweet blanket made in worsted weight #4 yarn (Aran for UK) on a 6.00mm crochet hook size.
Hekel na hartelus! Materiaal gebruik asook grootte van harte: Hart 1: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 12 x 12 cm Hart 2: Elle Premier Katoen 4 Draad en 3mm hekelpen; 9 x 9 cm Hart 3: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 5 x 5 cm Watteersel vir opstop van harte. Vir harte 1 en 2 volg aanwysings vir Groot Hart en vir hart 3 volg aanwysings vir Klein Hartjies. Patroon vir blommetjie nie ingesluit by hierdie patroon nie. Volg aanwyings vir Ierse Rosies patroon wat hier gekry kan word. Vir 'n drie-dimensionele hart word twee identiese dele gehekel en dan aanmekaar vasgewerk. Vul met watteersel voordat alle steke geheg word. Die harte is mooi enkel of gestop en kan versier word na keuse. Hekel 'n lang string kettingsteke en werk aan bo-punt van hart indien dit opgehang gaan word. Groot Hart Begin met 3ks, werk in die 1e ks die vlg: 1hlb, 1lb,1ks,1lb,1hlb, [Dit vorm die onderste punt van hart] Ry 1: Werk nou die vlg steke oor die reguit gedeelte soos aangedui op foto, 2ks, 1hlb, 2hlb in middelste sp [ring], 2hlb, draai Ry 2: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 3hlb, werk 2hlb in laaste steek, draai Ry 3: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 5hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 4: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 7hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 5: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 9hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 6: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 11hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 7: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 13hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 8: 2ks, 1hlb in elke hlb [17hlb]; draai Ry 9: 2ks, 17hlb, draai Ry 10: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 14hlb, slaan vlg hlb oor, hlb in laaste steek, draai Ry 11: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 6hlb, draai Werk nou slegs oor hierdie 6hlb soos volg: Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek. Heg af. Voltooi nou die gedeelte aan linkerkant van hart soos volg: Vlg ry. Heg draad in vlg steek wat aan linkerkant ongewerk is en maak 2ks, werk 5hlb, slaan vlg hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, 1ks en werk nou 'n ry kb eweredig reg rondom die hart en in die 1ks spasie in die onderpunt van hart werk 1hlb, 1lb,1hlb. Heg af. Klein Hartjies Begin met 'n garesirkel en 2ks. [Sien hier hoe die garesirkel gemaak word] Ry 1: 3dslb, 4lb,1dslb, 4lb, 3dslb, 2ks, gs in garesirkel. Trek garesirkel styf. Onseker oor wat 'n dubbelslag langbeen is [dslb] Aanwysings kan hier gevind word. Ry 2: kb in 2ks sp, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st, 1hlb in elk van vlg 4st/e, werk in vlg st die vlg: [1hlb,1lb,1hlb]; 1hlb in vlg 4 st/e, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st, 1kb in 2ks sp, 1ks, gs terug in garesirkel, gs in vlg st Ry 3: [kb in vlg st, 2kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk nou 1 kb in elk van vlg 7 st/e, 1ks, werk weer kb in elk van vlg 7 st/e; [2kb in vlg st, 1kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk dan 1kb in vlg steek, gs in vlg steek. Heg af. Vinnige en maklike hartjies. Enkel of opgestop harte is altyd handig en kan oral gebruik word. Hoop julle hekel julle harte uit! Lekker hekel almal!
Crochet has always been a beloved craft, and it becomes even more enticing during the summer months. There’s something incredibly satisfying about creating your own stylish and comfortable crochet tops that you can wear with pride. If you’re new to crochet or looking for a simple yet delightful summer project, you’ve come to the right […]
Here is a collection of crochet flower patterns we recommend making for your house, street, public space, and private garden.
Crochet flower patterns are typically small and work up quickly, making them great projects for beginners.
Free crochet patterns for marvelous half moon shawl ideas will draw everyone`s attention without a doubt. Come check them out!
These 15 gorgeous free crochet hand towel patterns will be a great addition to your kitchen accessories or even for your bathroom organizing.
Looking for a romantic crochet shawl pattern that radiates elegance and charm? Discover the beauty of the Lace Shawlette, a crochet shawl perfect for summer.