Versameling - MELKTERT RESEPTE BESTE MELKTERT OOIT http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html [ Lucia van der Westhuizen] Hiervan kan ek getuig, maak net dit. Jy kan enige kors gebruik. "En hoe weet ek dit? Want ek het 18 resepte voor die een probeer. Niemand het 'WOW' gesê nie. Met die een is dit al wat almal sê. Met hierdie resep, hou die tert sy vorm as jy dit bedien. Koop sommer 2 klaar gemaakte melktert korse by spar, nie worth it om jou eie te maak nie, dit vat forever!" Maak eers ’n kors van 1 pakkie Tennisbeskuitjies en 125g botter. STAP 1 Gooi 1 liter melk in ‘n kastrol saam met 2 tl botter en 1 kaneelstokkie. Verhit dit oor matige hitte todat dit begin kook. STAP 2 Sit in jou liquidizer 80 ml koekmeel, 80 ml maizena, 1 ml sout, 125 ml melk, 200 ml suiker, 3 eiers en 5 ml vanielje geursel. Klits todat dit goed gemeng is. STAP 3 Gooi die mengsel by die melk wat by nou kookpunt begin bereik. Hou aan roer, anders brand dit vas. Wag todat dit soos ‘n vulkaan begin prut anders is jou meel nie gaar nie, dis wat die tert laat stol. STAP 4 Gooi dit in leë dop. Sprinkel kaneel oor. Wag as jy kan. WENK: Rene Haasbroek Jy moet met n whisk klits terwyl jy di mengsel by die warm mengsel gooi in n dun straaltjie! Ek maak groot hoeveelhede gelyk dan voeg ek so 2koppies vd warm melk in n dun straalttjie by die eiermengesel terwyl ek klits en dan voeg ek weer alles in n straaltjie by die res vd melk op die stoof terwyl ek klits! Die tertvulsel is gaar sodra jy di kastrol skeef hou en die die vulsel ''skoon'' wegtrek vd boom of kante!03/11/2015 ************************** KORSLOSE MELKTERT Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm. Min van ons kan 'n sny donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook. 1 liter melk ½ kaneelstokkie skil van ½ suurlemoen of lemoen 45 ml botter 250 ml koekmeel 250 ml suiker 1 ml sout 7,5 ml bakpoeier 4 eiers, geskei 2,5 ml amandelessens 10 ml fyn kaneel Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** YSKAS MELKTERT Trippel melktert genot: (Bron: Boerekos Kookengeniet's) 2 pakkies tennis beskuitjies 1 Liter Melk ¼ kop suiker 1 Eier 1 Blikkie Kondensmelk 1 Hoogvol eetlepel vla-poeier 2 Eetl Mielieblom (maizena) Sout METODE: Maak pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier Verhit die melk & Kondensmelk tot kookpunt Voeg die vla pasta by met 'n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer en kook net 'n rukkie oor lae hitte tot gaar en dik. Gooi die helfte vd beslag oor die kors, pak nog 'n laag beskuitjies en gooi die ander helfte oor Strooi bietjie kaneel en gekrummelde Tennis beskuitjies bo-oor en laat heeltemal afkoel en stol.Gerrie Harmse http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Vinnige Melktert 1 liter melk 1blik kondensmelk 500ml room 2 eetlepels suiker Kook dit alles saam. Sodra dit begin kook meng by 3 eetlepels hoogvol maziena aangemaak met melk tot 'n dik pasta. Gooi oor tennis beskuitjies. Ek pak sommer laag koekies, mengsel, koekies.* Nicoline Fernandez du Preez http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Erna VINNIGE MELKTERT RESEP Dit maak 2 ronde gewone silwer foelie bakkies vol of anders die gewone glas vierkanttige tertbakke vol. Gebruik 'n kors van jou keuse. 1 Blik kondensmelk 50 ml Maizena 50 ml Vlapoeier 1 Eier 1 L Melk Essense (Vanilla) Kaneel Metode: Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die lee blik vol melk in gooi saam met die kondensmelk. Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook. Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier, vlapoeier en Maizena. Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die essense by. Nou kan jy die mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel oorgooi. Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit in die yskas sit. (Maak asb. net seker dat die mengsel n bietjie dukker geword het voordat jy dit oorgooi.) Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die kondensmelk en melk in die begin in die mikrogolf dan hoef ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek maak net seker dat dit nie oorkook . Egte Afrikanse Resepte #maizena melktert http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Antonette Havenga KORSLOSE KLAPPER-MELKTERT Bestanddele 160 ml Snowflake-koekmeel (90g) 2 ml Bakpoeier 1 ml Sout 450 ml Melk 200 ml Suiker (150 g) 200 ml Droë klapper (60 g) 50 g Botter, gesmelt 3 Ekstragroot eiers 5 ml Vanieljegeursel Metode 1.Sif meel en bakpoeier en voeg by res van bestandele. Meng goed. Skep uit in ‘n gesmeerde 23 cm-tertbak. 2.Bak 40-45 minute in voorverhitte oond by 180°C tot gestol en ligbruin. Laat afkoel. Lewer 1 tert http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Carin Ras Wilson KORSLOSE MELKTERT (Mariette) NG KERK GROOT-BRAKRIVIER 4 k melk 1 t bakpoeier Sout 2 e botter 4 eiers 1 k meel Vanilla 1 k suiker Metode: Skei die eiers en klits die wit van die eiers styf. Smelt die botter en meng met suiker en eiergele. Voeg bakpoeier by meel en meng saam met botter, suiker en eiergele. Klits melk en vanilla saam. Meng. Voeg nou styfgeklopte eierwitte by en klits goed. Gooi in panne en bak in matige oond totdat dit gaar is. (±1h @ 180°C). As dit uit die oond kom – gooi kaneelsuiker op en laat koud word http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Tillie Venter MY OUMAGROOTJIE SE DUITSE MELKTERT KORS: 2 Kop Meelblom 2 eetl Suiker 1 Desertlep. Bakpoeier 1/4 lb Botter 2 Eiers METODE: Meng al die droe bestandele en vryf die botter in. Klits die eiers en maak die droe bestandele daarmee aan. Voer 'n tertbord uit. VULSEL: 3/4 Kop Klapper 3 Kop Melk 3 Eiers 1 1/2 eetl Meelblom 1 1/2 eetl Mielieblom 6 eetl Suiker 3 eetl Botter 1 telp Vanielje METODE: Bring die melk tot kookpunt. Maak die meelblom en mielieblom aan met n bietjie melk en roer in die kokende melk. Klits die geel van die eiers en suiker saam en roer dit in die mengsel. Verwyder van stoof en vou die botter, vanielje geursel asook 'n knypie sout in. Laastens word die styfgeklopte eierwit en klapper ingeroer. Gooi in tertpan. En bak in matige oond tot ligbruin. Strooi pypkaneel en suiker oor. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Karien Coetzee MELKTERT Deeg 2 eetlepels botter 1 eetlepel suiker 1 eier 4 eetlepels meel 1 teelepel bakpoeier sout Metode: Meng botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eier by en meng goed Voeg die droë bestanddele by en meng tot 'n smeerbare deeg. Indien te styf voeg bietjie melk by. Smeer die panne Vulsel 6 koppies melk ½ koppie botter 1 koppie suiker 4 eiers geskei 2 eetlepels meel 2 eetlepels maizena sout 2 eiers Metode: Smelt die botter in die melk. Meng die 4 geskeide eiergele met die meel, suiker, sout, 2 eiers en maizena goed, voeg 'n klein bietjie melk by. Laat die melk kook. Gooi die eiergeel mengsel in die kokende melk en roer aanhoudend. Klits die eierwitte tot styf en roer in die melkmengsel in. Gooi in die kors, strooi kaneelsuiker oor en bak tot kors ligbruin en gaar is. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** KARAMEL MELKTERT ('n mikrogolf resep) KORS: 6 Marie-beskuitjies ½ koppie sagte bruinsuiker 1 koppie klapper ½ koppie koekmeelblom knippie sout ½ koppie botter of margarien VULSEL: 2 ekstra groot eiers 4 koppies melk ½ koppie mielieblom 60g suiker 15ml vlapoeier knippie sout 12.5ml botter of margarien 5ml karamelgeursel Rol die Marie-beskuitjies fyn. Voeg die bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout by en meng. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank oop by 100% krag in ‘n diep, mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 2 liter net tot gesmelt. Voeg die beskuitjiemengsel by en meng. Hou 30ml van die beskuitjiemengsel eenkant. Druk die res van die mengsel met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand en op die boom van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. Mikrogolf die kors 2 minute lank oop by 100% krag. Skei die eiers. Klits die eiergele en 200ml van die melk saam die dieselfde bak waarin die botter vir die kors gesmelt is. Voeg die mielieblom, suiker, vlapoeier en sout by en klits tot gemeng. Voeg die res van die melk by. Mikrogolf die mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot gaar. Roer dit elke 2 minute goed. Roer die botter en karamelgeursel by. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies met ‘n metaallepel by die vulsel in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant gehou is oor. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Dalene Brits MELKTERT MET SMEER DEGIE Kors: 1/2 k Bruismeel; 1 Eier; 1 eetl Suiker; 1 eetl Sagte Botter; knippie sout. Meng alles saam tot smeerbare deeg Smeer met lepel in pan. Smeer dun want dit rys baie. Genoeg vir 3 foeliepanne. MELKTERT 6 k Melk 7 Eiers (geskei) 250g Botter 1 ½ k Suiker 1t Vanilla 1 ¼ k Koekmeel 1. Verhit 5 k melk. 2. Kltis eiergele en suiker tot room. 3. Roer aanhoudend tot stywe pa. 4. Voeg meel en vanilla by en 1 k melk. Klits en voeg by melk op stoof. 5. Verwyder van hitte en roer botter in tot gesmelt. 6. Vou styfgeklopte eierwitte by papmengsel in. 7. Skep in rou kors en bak 20 – 30 min by 180º of tot bruin. Strooi pypkaneel oor en bedien koud. 1/10/2011 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Elize Van Zyl Louw Maklike Melktert mikrogolf resep 1 liter melk 1 blikkie kondensmelk 1 eetlepel botter 1/4 teelepel kaneel Gooi als in 'n mikrogolf bestande bak en sit in mikrogolf vir 10min op hoog. Meng die volgende bestandele saam: Half koppie Mazina 1 eier 1 teelepel vanilla knippie sout Klits by die warm melk mengsel met 'n hand "wisk". Sit terug in die mikrogolf vir nog 10min op hoog. Klits elke 2minute. Voer 'n bak uit met Tennisbeskuitjies en gooi die warm melk mengsel in. Strooi kaneel oor en laat afkoel. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Carol Elliott Claassen KORSLOSE MELKTERT 2 Eetlepels Gesmelte botter/marg 3 Eiers, geskei 1 Koppie Suiker 1 K Meel 1teelepel Bakpoeier 1/4t Sout 1t vanilla 4 Koppies Melk Klits die Botter, Eiergele en Suiker goed saam Sif Meel, BPoeier en sout saam en voeg by botter-mengsel Roer Melk en Vanilla saam en meng met bg. Vou styfgeklitste Eierwitte by mengsel en gooi en gesmeerde terkbak. Strooi kaneelsuiker oor Bak totdat gestol is by 180 C +/- so 40 min http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Marlé Buysse Suikervrye kitsmelktert Kors: 1 pakkie volgraan-digestiebeskuitjies 125 g botter of margarien 2,5 ml fyn kaneel Vulsel: 625 ml afgeroomde melk 12 kunsmatige versoeter tablette of 24 druppels vloeibare kunsmatige versoeter 15 ml botter of margarien 10 ml vanilla 2,5 ml amandelessens 30 ml meelblom 30 ml mielieblom 2 eiers 1 pypkaneelstokkie fyn kaneel Maak die krummelkors deur die beskuitjies fyn te druk en voeg die fyn kaneel en gesmelte botter of margarien by. Druk vas in `n 23cm tertbak. Verhit die melk met die pypkaneel tot kookpunt vir die vulsel. Klits die eiers, vloeibare kunsmatige versoeter (indien die tablette gebruik word, voeg dit by die warm melk sodat dit kan oplos), meel- en mielieblom saam. Gooi die warm melk oor hierdie mengsel. Roer deeglik. Plaas terug in pan en kook, roer totdat die mengsel dik en glad is. Voeg die margarien of botter, vanilla-en amandelessens by. Gooi in die kors. Besprinkel met fyn kaneel. Laat afkoel. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Begin die bikinidieet môre’-melktert Deur Huisgenoot Woensdag 29 September 2010 Lewer 12-14 porsies. 1 L (4 k) volroommelk 2 kaneelstokkies 60 ml (¼ k) vlapoeier 80 ml (1/3 k) mielieblom 1 blik (397 g) kondensmelk 100 g STORK BAKE, in blokkies gesny 1 eier, geklits 2 pakkies (200 g elk) Tennis-beskuitjies gemaalde kaneel Verhit 750 ml (3 k) van die melk saam met die kaneelstokkies tot net onder kookpunt. Laat 10 minute staan en verwyder die kaneelstokkies. Meng die vlapoeier en mielieblom met die res van die melk en die kondensmelk tot glad. Voeg by die warm melk, plaas terug op die plaat en bring tot kookpunt. Roer voortdurend. Laat prut tot verdik en gaar. Haal van die plaat af en klits die STORK BAKE en eier by. Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n bak van 35 x 20 cm. Skep ’n dun lagie vla oor, sprinkel ’n bietjie gemaalde kaneel oor en pak nog ’n laag koekies bo-op. Herhaal die lae vla en koekies en eindig met vla en gemaalde kaneel. Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas oornag in die yskas. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Marlé Buysse Heilie se vinnige melktert RAPPORT 2012-02-25 14:22 Lewer 1 groot tert Basis 125 g botter of margarien 200 g klapper- of botterbeskuitjies, fyngedruk Suurlemoenlaag 385 g-blik kondensmelk 125 ml (½ k) vars suurlemoensap Melktertlaag 375 ml (1½ k) melk 15 ml (1 e) botter of margarien 15 ml (1 e) koekmeelblom 15 ml (1 e) mielieblom 2 ml (¼ t) sout 2 ekstragroot eiers, geskei 80 ml (1/3 k) suiker 5 ml (1 t) vanielje- of amandelgeursel fyn kaneel vir bolaag Metode 1. Basis: Smelt botter en meng in die fyngedrukte beskuitjies. Druk mengsel vas in ’n gesmeerde tertbak van ongeveer 23 cm. 2. Suurlemoenlaag: Meng die kondensmelk met suurlemoensap en skep in tertkors. Laat in yskas om te set vir ongeveer 30 minute. 3. Melktertlaag: Verhit die melk in ’n swaarboomkastrol. Voeg botter by. Meng die meel, mielieblom, sout en eiergele. 4. Meng ’n bietjie ekstra melk daarby en voeg die hele mengsel by die melk. Bring tot kookpunt, terwyl aanhoudend geroer word. Laat verdik. Verwyder van hitte en voeg suiker en geursel by. Laat effens afkoel. 5. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en vou in die vlamengsel in. Laat effens afkoel en skep dan bo-oor die suurlemoenlaag. Sprinkel met fyn kaneel en laat set. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Driekie van Blerk OUTYDSE MELKTERT Driekie se Ouma se Melktert wat verskyn het in; *Volkstem 1936* KORS: 3 koppies koekmeel 3 teelepels bakpoeier 3 eetlepels botter (rond vol) Koue water om deeg mee aan te maak. Meng droë bestanddele. Frummel botter in met vingerpunte. Maak sagte, rolbare deeg met koue water. Rol dun uit. Voer tertpanne uit en plaas in yskas solank vulsel voorberei word. VULSEL: 6 koppies melk 1 en halwe koppie suiker 6 eiers geskei - gele geklits en 2 witte droog geklits. 1 desertlepel botter (rond vol) 1 en driekwart koppie meelblom 1 teelepel essence knippie sout Kook 4 koppies melk. Meng 2 koppies melk en meel. Voeg by kookmelk en roer voortdurend. Voeg gaar mengsel by eiergele en meng goed. Voeg botter en suiker by. Plaas terug op stoof en meng goed deur - roer aanhoudend. Haal van stoof af, roer eierwitte by en voeg essense by. Gooi in tert doppe. Plaas hier en daar 'n klontjie botter. Strooi kaneelsuiker oor en bak in warm oond. Geen temperature nie, geen tyd nie, so ek weet nie - dit is hoe ek die resep gekry het........7/3/12 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** LOUISE GROENEWALD Smulpaap Klub MELKTERT (HUISGENOOT 1987) Ek het nog hierdie uitknipsel van die 1987 Huisgenoot met hierdie watertand Melktert-resep. Dis die een wat ek altyd maak. Hierdie is nie 'n tradisionele Melktert in die sin dat dit met skilferkorsdeeg gemaak word en dat die eierwitte styf geklits en laaste ingevou word nie. Die vulsel is romerig en die kors is vinnig....dis hoekom ek dit so like! Ek kook die vulsel in 'n glas bak in die mikrogolfoond. Dan moet jy net bietjie geduld gebruik en dit kort-kort roer tot dit begin verdik. Die bak maak lekker vinnig skoon en daar is geen gevaar van aanbrand nie! Kors: 125 g margarien 60 ml witsuiker 1 eier 500ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier knypie sout Vulsel: 1,5 liter melk 60 ml (50g) margarien 4 eiers 250 ml witsuiker 150 ml mielieblom 125 ml koekmeelblom knippie sout 5 ml vanieljegeursel kaneel Smelt margarien oor lae hitte. Klop die witsuiker en eier vinnig daarby. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel. Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met ‘n volume van 1 liter. Prik die korse en hou dit eenkant. Kook die melk en botter of margarien in ‘n dikboomkastrol. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik. Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie. Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel. Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel. Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook. Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel ‘n paar minute staan. Giet warm vulsel in die rou korse. Sif kaneel oor. Bak die terte ongeveer 20 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ºC totdat die korse gaar is. Sit dit louwarm of koud voor. ‘n Mens kan ‘n bietjie ekstra witsuiker oor die vulsel strooi, indien verkies. Lewer twee middelslag-terte. 15/4/12 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Hannalie Kitshoff Melktert met Kondensmelkbolaag 30 ml (2 eetl) Margarien 125 ml (½ kop) Suiker 2 Eiers, geskei 125 ml (½ kop) Koekmeelblom 5 ml (1 tl) Bakpoeier Knippie sout 500 ml (2 kop) Melk Bolaag 1 blik (397g) Kondensmelk 125 ml (½ kop) Suurlemoensap 2-3 Tennisbeskuitjies (gekrummel) (opsioneel) Klits margarien en suiker saam. Voeg eiergele by suikermengsel en meng goed. Voeg droë bestanddele bymekaar. Voeg meelmengsel by eiermengsel, daarna die melk. Meng goed. Klits eierwitte styf en vou in mengsel. Smeer 28cm tertbak en gooi mengsel in. Bak by 180°C vir ± 30 minute of totdat dit gaar is en ligbruin bo-op. Meng kondensmelk en suurlemoensap saam. Wag totdat tert 'n bietjie terug gesak het nadat dit uit die oond gehaal was. Smeer kondensmelk mengsel bo-op warm tert Krummel Tennisbeskuitjies bo-oor. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html Tiana Botes Easy milk tart (Makes 2 tarts) Base 250 ml Snowflake self-raising flour (140 g) 1 ml salt 80 ml sugar (65 g) 100 g butter 1 extra large egg, beaten Filling 750 ml milk 80 g butter 80 ml Snowflake self-raising flour (45 g) 1 ml salt 4 extra large eggs, separated 100 ml sugar (75 g) ground cinnamon for sprinkling Base: Sift flour and salt. Add sugar. Rub in butter. Add beaten egg, mix well and spread dough into base of two greased 23 cm pie dishes. Filling: Heat milk in a heavy-based saucepan and add butter. Sift flour and salt, add egg yolks and sugar and beat well. Add some of boiled milk to egg mixture, stir and pour back into saucepan. Boil for a few minutes until thick, stirring constantly, and remove from heat. Beat egg whites until soft peak stage and fold lightly into cooked mixture. Pour filling into bases. Bake in a preheated oven at 180°C for 20 min, sprinkle ground cinnamon over the top and bake for another 10 min. Tip To easily beat egg whites, add a few drops of fresh lemon juice. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html Tiana Botes Melktert Hiervoor word gewoonlik skilferkors gebruik. Skilferkors: 1 pond Meelblom 1 pond Botter 2 eetlepels Suurlemoensap ½ pint vloeistof bestaande uit – 1 geel van eier en Water Sif die meelblom, voeg sout by. Druk al die water uit die botter en deel in drie. Neem nou ‘n klein stukkie van een deel af en vrywe dit in die meelblom, maak nou aan met die ½ pint vloeistof en knie deeg baie goed. Die deeg moet geknie word totdat dit soos ‘n stuk rek is. Strooi nou meelblom op ‘n plank en rol die deeg baie dun uit. Neem nou een deel botter en sit dit in klein stukkies op die deeg, strooi effens meelblom oor en vou deeg toe en drie. Laat lê deeg nou ‘n rukkie. Neem nou die tweede deel botter en herhaal die proses en dan weer die derde deel botter ook op dieselfde manier. Rol nou die deeg uit en voer die nodige tertborde daarmee uit en gooi die volgende vulsel daarin: Meltert vulsel: 6 koppies Melk 6 Eiers 2 koppies meelblom 2 onse Botter 1 ½ koppie Suiker Sout na smaak Maak die meelblom aan met ‘n deel van die melk, sit die ander melk op die stoof om te kook, roer die aangemaakte meelblom in en kook goed deur,voeg die suiker en botter by. Klits eiers goed op,maar hou die wit van drie uit. Haal nou die vulsel van die stoof af en roer die eiers ook by,kook weer goed deur. Klits nou die wit van drie eiers styf en vou in die mengsel in,gooi dadelik in die uitgevoerde tertborde. Bak in ‘n baie warm oond. Pypkaneel en suiker word oorgestrooi sodra melktert koud is. Dit word ook net so bedien. Let wel: Die vulsel moet altyd kokend warm in die uitgevoerde tertborde gegooi word. Brandewyn kan in plaas van suurlemoensap vir die vloeistof gebruik word. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html Tiana Botes BESONDERSE MELKTERT Hierdie melktert het 1ste prys verower in n koswedsttryd wat die Huisgenoot in 1983 gehou het. Dit lewer 2 middelslag melkterte. KORS 275 g bruismeel (500 ml) 15 ml vlapoeier knypie sout 125 g botter of margarien 2 eiers 100 g suiker (125 ml) 5 ml vanielje geursel KLAPPERLAAG 100 g suiker (125 ml) 80 g klapper (250 ml) 50 g botter of margarien (60 ml) 50 ml melk 10 ml vanieljeg eursel MELKVULSEL 1 liter melk 125 g botter of margarien 5 ml vanieljegeursel 4 eiers - geklits 100 g suiker(125 ml) 40 g mielieblom (75 ml) - ek het so 2 tl meer ingesit kaneelsuiker na smaak Sif die bruismeel, vlapoeier en sout saam. Vryf die botter en margarien liggies met die vingertoppe in die meelmengsel in. Klits die eiers, suiker en vanieljegeursel saam, voeg dit by die meelmengsel en meng tot 'n deeg. Bedek die deeg en verkoel 'n uur in die koelkas. Voorverhit die oond tot 200 grade C. Smeer twee tertborde met 'n volume van 1 liter elk, of bespuit hulle met kleefwerende middel. Druk die tertdeeg ewe dik teen die wand en op die boom van die tertborde. Sny die rande netjies en maak riffels daarin met die tande van 'n vurk. Bedek die boom van elke kors met 'n sirkel waspapier en plaas 'n laag droëbone daarop. Bak die korse 10 minute lank op die middelste oondrak. Verwyder die waspapier en droëbone en bak die korse 'n verdere 2 minute. Hou eenkant tot benodig. Meng die suiker, klapper, botter of margarien, melk en vanieljegeursel in 'n kastrolletjie. Verhit die mengsel tot kookpunt en smeer dit dan op die boom van die gaar korse. Kook die melk, botter of margarien en vanielje geursel saam. Meng die eiers, suiker en mielieblom, roer 'n bietjie van die melkmengsel hierby en roer dan hierdie eiermengsel baie vinnig by die res van die melkmengsel in die kastrol - oppas vir klonte! Kook die vulsel ongeveer 5 minute lank oor lae hitte tot 'n pap. Gooi dit in die tertkorse. Laat die terte afkoel en strooi dan kaneelsuiker oor. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html Tiana Botes OUTYDSE MELKTERT DEEG 225g meelblom 30ml (2T) strooisuiker (castor sugar) 125g botter - yskoud en in klein blokkies gesny 1 eiergeel 45ml (3T) koue water 1 ml (1.4t)sout (Vir die deeg moet al die bestandele so koud as moontlik wees) Plaas die meel, suiker, sout en botter in 'n mengbak. Gebruik 'n vurk of 2 messe en sny vinnig die bestandele tot dit soos growwe brood krummels lyk. Meng die eiergeel en water en gooi in 'n holte in die dr. bestandele. Werk met 'n vurk die eiergeel mengsel deur en dan liggies met die vingers om 'n bal te vorm. Druk effens plat en sit in die yskas terwyl vulsel berei word. *Die deeg moet koel genoeg wees om uit te rol en in 'n gesmeerde tert bak van 23 - 25cm te plaas. Steek gaatjies in die bodem met 'n vurk en bak vir 10 tot 15 minute. Laat afkoel voor vulsel ingeskep word. VULSEL: 250ml (1 cup) room 250ml (1cup) melk) 1 stokkie kaneel 2 groot eiers (geskei) 80ml strooisuiker 80ml Meelblom 2 ml (1/2t) bakpoeier 25g botter 1 t Vanilje essens Verhit die room en helfte van die melk effens, saam met stokkie kaneel in 'n kastrol. Meng apart saam die res van die melk, die eiergele, meelblom, strooisuiker en bakpoeier. Voeg stadig die warm room in die meel mengsel, meng goed. Plaas weer in die kastrol en verhit, roer totdat die vlae mengsel verdik. Haal van hitte af en laat effens afkoel, voeg by die botter en vanilje essens. Klop die eierwitte tot skuimerig. Voeg die sout by en vou bietjie-bietjie in die vlae mengsel in. Skep die mengsel in die tert dop en bak teen 180c vir tien minute. Verminder na 160c en bak vir verdere 20min tot gaar. bestrooi met fyn kaneel. Bedien warm *My ma het van die deeg vir die kors, sulke lang repies gesny en dan bo oor die vulsel geplaas .. ewe grend gevleg en dan gebak. Njammmmie!! Een tert het sy kaneel oor gestrooi en die ander ene klapper. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html Tiana Botes Griekse melktert Hierdie Griekse weergawe smaak vorentoe 6 porsies Jy benodig 400 ml melk 8 velle fillodeeg 200 g (220 ml) botter, gesmelt en tussen twee bakkies verdeel 3 eiers 2 eiergele 100 g (125 ml) suiker 75 g (120 ml) semolina 8 sade van 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel Verhit jou oond tot 190 °C. Gooi die melk in ’n kastrol en verhit tot net by kookpunt. Laat afkoel. Voer ’n oondbak van 20 x 30 cm met bakpapier uit. Sif ’n bietjie meel oor die papier. Plaas een vel fillodeeg in die oondbak. Die deeg moet reg rondom oor die rand van die bak hang. Gebruik nou een van die bakkies gesmelte botter (die ander bakkie hou jy vir die vulsel) en smeer die fillodeeg goed. Herhaal die proses met nog drie velle. Klits die eiers, eiergele en suiker tot lig en romerig. Voeg die semolina, vanielje en melk geleidelik by. Gooi die mengsel in ’n kastrol. Verhit terwyl jy aanmekaar roer totdat dit romerig en dikker word. Haal van die hitte af en voeg die tweede bakkie gesmelte botter by. Meng goed. Gooi die mengsel in die bak wat met die fillodeeg gevoer is. Vou die deeg wat oor die rand van die bak hang bo-oor die vulsel. Halveer die orige vier velle fillodeeg en plaas een halwe vel bo-op die vulsel. Smeer met gesmelte botter en herhaal met die orige sewe velle. Smeer goed bo-op met botter. Sny die tert in porsies met ’n baie skerp mes. Plaas in die warm oond. Draai die hitte ná 15 minute af na 160 °C. Bak verder vir 30 minute tot mooi goudbruin en bros. Kook intussen die stroop. Stroop Jy benodig 300 g (375 ml) suiker 200 ml water 15 ml suurlemoensap 2 ml vanieljegeursel Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy elke nou en dan roer. Prut vir sowat 10 minute. Gooi die warm stroop oor die melktert wanneer dit uit die oond kom. Onthou! Moenie die tert toemaak nie, anders sal die deeg pap word. Fillodeeg-wenk Hierdie deeg is papierdun en kan vinnig uitdroog terwyl jy daarmee werk. Maak dit met ’n klam afdroogdoek toe http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html Tiana Botes Outydse melktert Kombuis: Suid Afrikaans Ons het die melktertvulsel in klein fillodeegdoppies gebak. Bak eers die doppies voordat jy dit vul en bak daarna weer vir sowat 15 minute. Ingredients and Method Genoeg vir: 1 melktert (8-10 porsies) Bereidingstyd: 30 minute Oondtemperatuur: 180 °C Baktyd: 15 minute vir die kors en 20 minute vir die voltooide tert 800 g skilferkorsdeeg 1 eier (geklits saam met 10 ml melk vir verglansing) MELKVULSEL 600 ml melk (of, indien verkies, 400 ml melk en 200 ml room) 1 kaneelstokkie 60 ml koekmeel 60 ml suiker 30 g botter 2 eiers 5 ml vanieljegeursel 60 ml suiker gemeng met 7,5 ml kaneel 1 Rol skilferkorsdeeg oop en sny ‘n sirkel groot genoeg om ‘n tertbord uit te voer. Bedek en sit in die yskas as jy dit nie onmiddellik gaan gebruik nie. 2 Prik die bodem van die tert met ‘n vurk en verf die rand met die eierglaseersel. Bak die kors blind vir sowat 15 minute. Verwyder die boontjies en papier en plaas terug in die oond vir sowat 5 minute sodat die bodem ook kan deurbak. 3 Sit die kaneelstokkie in die melk (of melk en room), en verhit dit tot net onder kookpunt om die melk te geur. Vir optimale geur kan jy die kaneelstokkie stukkend breek voordat jy dit saam met die melk verhit. 4 Verwyder die kaneelstokkie. Meng die meel en suiker in ‘n mengbak. Giet die kokende warm melk by die meel en suiker terwyl jy dit met ‘n draadklitser klop. Gooi dit terug in die uitgespoelde kastrol en laat dit vir 5 minute oor matige hitte kook terwyl jy dit aanhoudend roer. Haal van die plaat af en roer die botter by. Laat dit eenkant staan om bietjie af te koel en voeg dan die eiers een-een by terwyl jy dit ná elke byvoeging deeglik klop. Voeg die vanieljegeursel by. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Tiana Botes Die Melktert-Punt Kors: 125 g Margarine 2 k Koekmeel (+_) 2-3 dessertlepel Versiersuiker Knippie sout Vulsel: 1 L Melk 3 t margarine 3 Eiers (geskei) ¾ k Suiker 2 dessertlepel hoogvol Koekmeel 2 dessertlepel Mielieblom Knippie sout Kaneel Metode: Voorverhit oond tot 180*C of 350 *F. Smeer groot ronde tertbak. Berei tertkors: Smelt margarine. Roer versiersuiker, sout en meel daarby in. Voer gesmeerde tertbak met korsdeeg uit. Bak vir 10 minute. Berei Vulsel: Meng suiker, koekmeel, mielieblom, sout, eiergele en sowat ‘n ¼ koppie water. Kook melk en margarine en roer by deegmengsel in. Klits goed met eierklitser. Gooi in kastrol en kook oor matige hitte tot dik en glad. Roer aanhoudend. Verwyder van hitte en roer amandelgeursel of vaniljegeursel by. Klits eierwitte styf. Vou liggies by mengsel in en gooi in gebakte kors. Sprinkel kaneel oor en sit in yskas om te stol. Wenk: Ek gebruik skilferkors deeg, rol uit en druk in tertbak vas, pruk die bodem en langs die kante met vurk. Gooi gaar pa in kors en bak tot kors gaar is, so ongeveer 15 -20 min. Die resep werk wonderlik in doppies ook, ek het die pap al in horinkies ook gesit. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Jeani Strauss MELKTERT Ek het hierdie resep by 'n swart vrou gekry wat heerlik kon kos maak. 3 x bekers melk, 3 x eetlepels botter, 1 x koppie suiker, 3 x eiers geskei, 1 x teelepel vanielje geursel, 3 x eetlepels maisena (baie hoog vol), 6 x marie of tennis beskuitjies (fyngemaak). kaneel. Metode: Smeer 'n tertbord (groterig) met margarien en strooi 2/3 van die beskuitjiekrummels daarin. Kook die melk, botter en suiker saam tot suiker opgelos is. Verwyder van stoof. Klits eierwitte en vanieljegeursel tot styf (sagte punte). Klits eiergele, maizena en 1/2 koppie van die melk saam. Voeg geklitste eiergeelmengsel by melkmengsel en plaas terug op stoof. Roer vinnig en aanhoudend tot mengsel verdik, +- vyf minute. Verwyder van stoof en vou dadelik die eierwitmengsel in. Roer vinnig en aanhoudend tot baie goed gemeng. Gooi vinnig in terd bord en maak gelyk bo-op. Strooi die res van die krummels bo-oor en verkoel +- 2ure lank http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** Rina Steyn MELKTERT Hi ek bak die 1 gereeld. 25 ml gesmelte botter, 3 eiers geskei, 125 ml suiker, 250ml meelblom, 5 ml bakpoeier, 1 ml sout, 5 ml vanielje-essens, 750 ml melk. Metode: Klits botter,eiergele en suiker saam. Sit meel,bakpoeier en sout saam en voeg by. Roer melk en vanielje by en meng goed. Vou styfgeklopte eierwitte by mengsel en gooi in n diep tertbord. Bak by voorverhitte oond 40 min by 180*. Strooi kaneelsuiker bo oor as uit die oond kom. Nb. ek gebruik soms margarien ook en dit werk net so goed.3/4/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** KORSLOSE MELKTERT Henriette Wessels Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm. Min van ons kan 'n sny donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook. 1 liter melk ½ kaneelstokkie skil van ½ suurlemoen of lemoen 45 ml botter 250 ml koekmeel 250 ml suiker 1 ml sout 7,5 ml bakpoeier 4 eiers, geskei 2,5 ml amandelessens 10 ml fyn kaneel Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** MELKTERT Kors: 1k meel ¼ k suiker 1 eier 1tl bakpoeier 86g margarine 1 L melk (500ml) 125g margarine (62.5g) Sout 1k suiker (½ k) 4 eiers (2) 2 el meel (1) 2 el maizena (1) Kook saam: Melk, botter, suiker, sout en vanilla. Klits geel van eiers met 1 koppie melk van liter. Klits meel en maizena daarin. Voeg melk mengsel by eier mengsel en klits goed. Klits eierwitte styf en vou in by gekookte vulsel. N.S>>Chantelle Geldenhuys Ek glo net in my ma se melktert resep.... ek hou nie van 'n gebakte melktert nie... probeer hom gerus. Hoeveelhede in hakkies is as jy 1 melktert wil maak. Ek maak nie die korse nie, gebruik sommer Marie Biscuits.... lekker lui. Ma se Melktert – lewer 2 terte of 2 groot tinfoil bakke en 1 kleintjie…. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** WENNER KITS MELKTERT 1x pakkie Tennis beskuitjies 425 mil melk 600ml water 1 x blik kondensmelk 4 - 5 e margarien 4 eiers 6 opgehoopte e maizena Mikrogolf die water en 300ml melk vir 20 min op hoog tot kookpunt Skei eiers en hou die witte eenkant Meng maizena en 125ml melk, klits eiergele daarin, voeg by warm kondensmelk mengsel. Mikrogolf vir 5 min en roer elke minuut met (whisk) deur. Klits eierwitte styf en vou agterna in warm mengsel in. Tertdop: Maak tennis beskuitjies fyn in voedsel verwerker of druk baie fyn in bak. smelt margarien en meng goed. Druk vas in 2 x tertborde van omtrent so 15cm in deursnee. Gooi warm mengsel in tertdoppe en strooi kaneelsuiker bo-oor. Plaas in yskas vir omtrent 4 ure om finaal te stol. Jy kan meer maizena gebruik. Dit is HEERLIK en selfs die kinders kan dit maak. Bron: Hannie Klein posted to Resepte Van Toeka tot nou Geplaas deur: Lettie Groenewald #maizena melktert http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** MELKTERT MET KONDENSMELK: 1 blik Kondensmelk, 1 blik Water, 2 blikke Melk, 1 eetlepel Botter, 3 eetlepels Suiker. Gooi in pot en kook stadig. Roer aanhoudend. Klits 3 eiers en knippie sout. Maak aan: 1 eetlepel vlapoeier en 5 eetlepels mazena met bietjie melk. Meng eier en maizena mengsel. Haal melk van stoof af en gooi eier mengsel by. Plaas terug op stoof en kook. Roer aanhoudend. Gooi oor tennisbeskuitjies en strooi pypkaneel oor. Geniet dit Geplaas deur: Angel En Rudi Pretorius http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** KONDENSMELK MELKTERT Maak koekiekors met 1 pakkie fyngerolde tenniskoekies/Marie/Nice en 4 E gesmelte botter. Druk vas in diep tertbak. Maak vulsel: Gooi in groot kastrol: 1 blikkie kondensmelk, 2 blikkies warm water, bietjie sout en 1 E botter. Bring tot kookpunt. Meng 3 E maizena, 2 eiergele en bietjie water. Voeg in dun straaltjie by kokende melk in kastrol, terwyl jy roer met draadklitser. Laat opkook en trek van stoof af. Klits eierwitte styf en vou met lepel by melkpap. Gooi in tertkors en sprinkel fyn kaneel oor. BRON:934fm http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html ************************** OONDPAN MELKTERT - deur: gertie vd schyff Ek gee met graagte die resep, maar julle moet net maak soos ek dit hier vir julle gee. Die vulsel maak ek dubbel, en die kors is enkel. Vulsel: 2 blikke condensmelk 4 eetlepels botter of maragine 4 eiers geskei 4 eetlepels koekmeel ( hoogvol) 8 blikke water 12 eetlepels suiker 6 eetlepels mazeina ( hoogvol) 2 Proppies vanilla essens.. Gooi die condensmelk en 6 blikke warm water, 4 eetlepels botter en 12 eetlepels suiker in groot kastrol. Laat dit goed warm word, maar roer dit aanhoudend anders brand dit vas. Meng nou die 4 eetlepels koekmeel, 6 eetlepels mazeina saam met die orige 2 blikke water. Sit die eiergele ook by asook die 2 proppies valilla. Ek klits dit alles saam, dan maak dit nie klonte. Klits die eierwitte styf en hou dit eenkant. Sit dit by die die condensmelk mengsel en roer aanhoudend tot dit dik raak. Laat dit afkoel en vou dan die styf geklitste eierwitte by. Kors: 1½ koppie koekmeel 1 hoogvol teelepel bakpoeier 1 eetlepel suiker ½ koppie botter 1 eier sout na smaak. Maak aan met melk soos slap deeg. Smeer pan goed en druk met vurk in pan. Nie te slap nie. Ek maak dit altyd in my groot oondpan. Bak dit op 160 grade so vir 30 min. Kyk maar altyd, jy sal sien as dit bruin raak langs die kante. Laat dit goed afkoel, moet gladnie meer warm wees, dan strooi jy kaneel bo-oor. Dit is n treffer, ek bak dit al vir 37 jaar. Voorspoed, en laat weet!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! lekker aand verder. Gertie. Boerekos #oondpan http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html Christo De Beer WOONWA MELKTERT. Word nie gekook nie. Strooi fyngemaakte tennisbeskuitjies in tertbak. VULSEL. Klits 1 blik kondensmelk en 120 ml suurlemoensap saam met n bietjie gerasperde suurlemoenskil. Die mengsel sal dik word. Klits 250 ml vars room tot styf en vou in mengsel. Skep in tertbak. Strooi nog n bietjie krummels en kaneelsuiker bo-oor. Verkoel in yskas en eet. MOENIE WARM MAAK NIE. SONDER KANEELSUIKER AMPER N KAASKOEK. G E N I E T. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html
By die McGregors se boerekos-eetplek, Bagdad Café, tussen Nieuwoudtville en Vanrhynsdorp, kan jy aansit vir boerekostreffers, soos bobotie en hierdie heerlike kitsklaar-melktert.
ROSE SE KORSLOSE MELKTERT
Deze heerlijke melktaart naar Zuid Afrikaans recept kun je zowel koud als warm eten. Lees hier het recept!
Sendelinge weet hoe om bestanddele te rek en ’n skare kos te gee. Hierdie resep uit Sendelinge se Gunstelinge (1997) is effens aangepas vir Callie Maritz en Mari-Louis Guy se boek, Die Suid-Afrikaanse melktertversameling, wat in 2017 verskyn het.
Een Zuid-Afrikaanse melktert, ofwel een melktaart, is een makkelijke taart met een simpele bodem, een romige vulling en een vleugje kaneel.
Om ʼn bobaasmelktert te maak verg liefde vir dié smullekker stukkie Afrikaanse kultuur en ʼn aanvoeling vir die resep.
Blitsvinnige melktert 1 liter melk 2 teelepels vanilla 1 eetl margarien 1 kop suiker Knypie sout Bring tot kookpunt. 3 eetl mazeina of 3 eetl vlapoeier 3 eetl meel 3 eiergele (hou eierwitte …
TESSIE SE MELKTERT
“My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel … daar’s ’n vrou in elke geur” dig Opperman soet-soet voort. Ons vier vandag Melktertdag! Suid-Afrikaners is mal oor ’n snytjie melktert saam met ’n koppie tee, of hulle dit nou wil erken of nie. Dié delikate, romerige vla-tert het eg-Afrikaanse wortels en vandag is […]
Die skilferkors was veerlig, die vulsel hemels, die smaak geurig. En die wenner van SARIE KOS se 2009 melktert-wedstryd is ... Deona Tait van Pretoria!
KONDENSMELK MELKTERT
Dié resep maak jy in minder as ‘n uur en dit is genoeg vir twee tot drie terte.
Vir party melktertliefhebbers is ’n melktert sonder ’n ordentlike tertkorskraag iets onheiligs.
Een Zuid-Afrikaanse melktert, ofwel een melktaart, is een makkelijke taart met een simpele bodem, een romige vulling en een vleugje kaneel.
MELKTERT MET SMEERKORS
Die son begin sak oor Melktertdag 2020 en gooi lang skaduwees oor Ruiterbos, die denkbeeldige voorstad van die geliefde sepie Suidooster. Maar voor die dag om is deel Mrs J, matriarg van Ruiterbos …
This milk tart recipe is an easy traditional South African sweet tart made rich with milk and eggs topped with cinnamon sugar and baked until creamy.
Ons vier nasionale melktertdag! Bak hierdie heerlike (en maklike) melktert
Een heel lekker maar vooral simpel recept voor Zuid-Afrikaanse Melktert. Voor dit recept heb je geen eens een oven nodig!
LEKKERSTE EN VINNIGSTE MELKTERT
Rose se ma het haar gewys hoe om dié resep te maak toe sy nog op hoërskool was. Die resep is so oud soos die berge.
Die skilferkors was veerlig, die vulsel hemels, die smaak geurig. En die wenner van SARIE KOS se melktert-wedstryd is... Deona Tait van Pretoria!
KITI SE KORSLOSE MELKTERT
Vier vandag Nasionale Melktertdag met dié deftige melktertresep.
WILLEM SE MELKTERT
Op Nasionale Melktertdag deel ons 'n paar smullekker resepte sodat almal 'n sny van hierdie smullekker bederf kan geniet.
Nooi die hele straat vir tee; dié melktert gaan jou yskas volstaan! Hier's Jane Speelman se resep.
This is the recipe which can be given credit with me embarking on a hunt for the ultimate Melktert, quick and easy to make, the filling cooks in under 10-minutes this […]
Hierdie lekker melktert vorm sommer sy eie kors en is boonop vinnig om te maak
MELKTERT MET SMEERKORS
Dié resep lewer drie middelslag of twee groot terte.
Hierdie tert, stap vir stap op die tradisionele manier gemaak, smaak soos melktert moet.
Die tert wat ons as een van Suid-Afrika se groot kultuurskatte eien, is nie ’n oorspronklik Suid-Afrikaanse skepping nie, maar is al eeue lank deel van die boerekoskultuur.
By die McGregors se boerekos-eetplek, Bagdad Café, tussen Nieuwoudtville en Vanrhynsdorp, kan jy aansit vir boerekostreffers, soos bobotie en hierdie heerlike kitsklaar-melktert.
Geen nasie is so fanaties oor hul eiervla-terte soos Suid-Afrikaners nie. Wel, dalk die Portugese met hul klein handtertjies, maar dis steeds nie die smaak van ons hart nie. Ek sal geblinddoek ‘n e…
This is a wonderfully thick and flavourful milk custard set in a crust. A traditional tart which is loved by young and old alike. Children especially love the filling as a dessert.