Andriétte Maree van Kroonstad se speserygeure maak hierdie kerrie ’n volwaardige wenner. Ek het in Natal grootgeword, en daar het ons baie kerrie geëet. Later is ek met ’n Vrystaatse boer getroud en hy was ook baie lief vir kerrie, maar dit was maar ’n gesukkel om die regte bestanddele daarvoor op Kroonstad te kry. Ek verkies ’n geurige kerrie – dit moet nie net brand nie, en daarom het ek maar altyd kerrieresepte getoets. So met die tyd het ek self ’n kombinasie saamgestel wat vir my familie werk. – Andriétte Maree